Gaan na inhoud

bloot

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Byvoeglike naamwoord
Trap Predikatief Attributief Partitief
Stellend   bloot    blote    bloots  
  1. Sonder bedekking, kaal
  2. Die enigste een teenwoordig, sonder enigiets anders
  1. Die blote vel van die atleet glinster onder die son.[1]
  2. Die blote aanwesigheid van 'n selfoon belemmer sosiale interaksie en prestasie op neurosielkundige toetse, het navorsers bevind.[2]
Bywoord
bloot
  1. Bywoordelike deel van 'n skeibare werkwoord: blootlê, blootstel
  2. slegs; sonder enigiets anders
  1. Die doel van hierdie module is om studente reg van die begin af bloot te stel aan die verskeidenheid van opsette[3]
  2. Die pasiënte is bloot na 'n ander saal in dieselfde hospitaal geskuif.[4]