Kandidaatartikels vir voorblad: Help vorm die beste van Wikipedia
Hier besluit ons watter artikels op die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia gaan verskyn. 'n Voorbladartikel moet die beste werk op Wikipedia ten toon stel.
Om 'n artikel te nomineer kan dit gewoon bygevoeg word aan die onderkant van hierdie bladsy. Lees asseblief eers die Riglyne vir nominasie voor u 'n artikel nomineer. U kan beïnvloed wat op die voorblad verskyn deur 'n artikel te ondersteun of deur beswaar aan te teken. Persone wat 'n artikel voorstel moet ook bereid wees om te help om besware aan te spreek. As daar geen noemenswaardige besware is nie kan 'n artikel moontlik 'n voorbladartikel word. Die beleid is tans om enige genomineerde bladsy waarvoor daar na 'n maand geen geldige beswaar is nie en wat aan die vereistes voldoen as 'n moontlike voorbladartikel te beskou.
'n Artikel word vir 'n week lank op die voorblad vertoon, vanaf Maandag tot die daaropvolgende Sondag.
Voorbladartikel nie bepaal nie... 'n Geskikte artikel is nog nie vir week 8 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.
Voorbladartikel nie bepaal nie... 'n Geskikte artikel is nog nie vir week 9 gekies nie. Help gerus om te verseker dat 'n artikel gekies word deur aan die nominasieproses hieronder deel te neem.
Hier kan u gerus voorstelle maak vir moontlike voorbladartikels, of ondersteuning of beswaar lewer oor huidige nominasies. Dit is behulpsaam om u nominasies, besware en ondersteuning van kommentaar te voorsien wat betrekking op die artikel se inhoud het. Indien u gekant is teen 'n artikel se nominasie kan dit help om te sê waarom, so kan probleme aangespreek word en u mag u teenkanting na ondersteuning verander. So ook kan redes vir 'n nominasie ander gebruikers help om die goeie punte van 'n artikel raak te sien.
Ondersteun – Een van die bekendste plekke in die Israeliese hawestad Haifa. Ek dink maar 'n Unesco-wêrelderfenisgebied is ook geskik vir ons voorblad. Groete. -- SpesBona22:00, 11 Januarie 2026 (UTC)[antwoord]
Ondersteun – Een van die bekendste bakens in die Indiese hoofstad Nieu-Delhi. Ek wou nog altyd 'n voorbladartikel oor 'n religieuse onderwerp doen. Groete. -- SpesBona22:00, 11 Januarie 2026 (UTC)[antwoord]