Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

Nuwe onderwerp
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jongste opmerking: 4 uur gelede deur Pynappel in onderwerp Eswatini
Maak vrede in Gasa en Oekraïne, nie oorlog nie!

Sien ook:

Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004+05+06 2007+08+09 2010+11
2012 2013+14+15 2016
2017 2018+19+20 2021+22+23
2024+2025 2026
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Maandelikse besoeke en diepte

[wysig bron]

teruggeplaas op versoek

Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Desember is weer 'n nuwe rekord van oor die 8 miljoen. Ek vertrou egter nie die inligting nie, want Desember is skoolvakansietyd. Ek het vir Gebruiker:Rooiratel gevra om dit met die relevante owerhede te bespreek. Hy sal vir ons terugvoer gee wanneer beskikbaar.

Die goeie nuus is dat ons diepte nou 38 is, hopenlik hou dit aan met groei. Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 14 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Vir die wat self wil saam volg, sien : https://phabricator.wikimedia.org/T413949
Dit is deel van 'n wyer ondersoek : https://phabricator.wikimedia.org/T412655
Ek sal dit dophou, en opvolg as dit te lank neem. - Rooiratel (kontak) 07:21, 14 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Annual review of the Universal Code of Conduct and Enforcement Guidelines

[wysig bron]

I am writing to you to let you know the annual review period for the Universal Code of Conduct and Enforcement Guidelines is open now. You can make suggestions for changes through 9 February 2026. This is the first step of several to be taken for the annual review. Read more information and find a conversation to join on the UCoC page on Meta.

The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review was planned and implemented by the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.

Please share this information with other members in your community wherever else might be appropriate.

-- In cooperation with the U4C, Keegan (WMF) (talk)

21:01, 19 Januarie 2026 (UTC)

Jan-Willem Breure en Isis Fashion Awards

[wysig bron]

Gemeenskap, die twee artikels bestaan net op ons Wikipedia; nie Engels of Nederlands nie. Kan ek hulle skrap? Groete! Oesjaar (kontak) 18:14, 20 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Sluit ook in Septimius Awards. Hierdie artikels is ook in Januarie 2025 geskrap omdat dit as bemarking gereken is. Sobaka (kontak) 07:43, 21 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

GABA spronge

[wysig bron]

Gemeenskap, hier is die antwoord van VivA se Maureen:

Goeiemiddag

Daar is nie, sover vasgestel kan word, al 'n gestandaardiseerde Afrikaanse term vir "BASE jumping" nie. Ter wille van herkenbaarheid word "Base-sprong/Base-spring" konvensioneel gebruik, ook in die Afrikaanse media, soos by onlangse beriggewing oor vlerkpakvlieërs. By die eerste vermelding word daar gewoonlik dan 'n kort verduideliking gegee vir die akroniem "BASE".

In Engels word letternaamwoorde wat uit vier letters bestaan, bokas (met hoofletters) geskryf, terwyl dit in Afrikaans slegs met 'n aanvangshoofletter geskryf word.

Die voorstel is om, ter wille van die heersende huidige konvensie en herkenbaarheid, die term "Base-spring" te gebruik, gevolg deur 'n kort uiteensetting van die akroniem "Base" by die eerste vermelding.

Die huidige inskrywing in Wikipedia, "GABA-sprong", is moontlik verwarrend omdat "GABA" reeds in Afrikaans gebruik word as die afkorting van "gamma-aminobottersuur" en omdat "Base" reeds ingeburger en herkenbaar is.

Bron(ne): Netwerk24; Pharos-woordeboeke; VivA Vertaal (Grobler) Oesjaar (kontak) 18:48, 20 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Neewat, "base-spring" vir dié in elk geval verspotte aktiwiteit sal nie werk nie. "Gaba-spronge" is goed genoeg, met kleinletters en koppelteken. "Base" is nie ingeburger nie, en wie weet nou iets van "gamma-aminobottersuur"? JMK (kontak) 19:57, 20 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
GABA spronge is vir my 'n verspotte, selfgemaakte naam. Dit kort in elk geval 'n koppelteken. Ek stem vir Base-spronge. ~ Burgert (kontak) 12:53, 21 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Twintigjaargemeenskap

[wysig bron]

Die slim manne, kan julle vir ons 'n Twintigjaar sjabloon skep soos Sjabloon:vyftienjaargemeenskap asb? Groete! Oesjaar (kontak) 19:57, 21 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Sien : Sjabloon:Twintigjaargemeenskap
Reeds twee jaar gelede gedoen danksy, @Jcwf en @Aliwal2012. - Rooiratel (kontak) 09:06, 22 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ai! Dankie! Gebruiker:Alias is sover my kennis strek die eerste lid van die klub. Groete! Oesjaar (kontak) 10:13, 22 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Mmmm. Behalwe dat Alias in 2024-2026 geen wysigings gemaak het nie, en in 2023 net twee. Dus op vakansie 7 maande voor hy daar uitgekom het, en meestal op vakansie in die jare daarvoor. Sien uit om jou weer hier te sien Alias! JMK (kontak) 10:52, 23 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Databoks

[wysig bron]

Groete! Die woord {{{Databoks}}} maak dit maklik om 'n inligtingsboks by ‘n artikel by te voeg, perfek om nuwe artikelskepping te begin of 'n bestaande artikel te verbeter.

Databoks benodig geen spesiale instellings nie, installeer net die Module en Sjabloon en dit is goed om te gebruik.

Hier is ‘n goeie voorbeeld op SADiLaR se Zulu bladsy

Sien https://www.wikidata.org/wiki/Module:Databox Derek J Moore (kontak) 20:56, 24 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Jammer maar ons lankal al verby databoks beweeg. Pas aan asb, Groete! Oesjaar (kontak) 20:09, 26 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Welkom om databoks te gebruik. Dumbassman (kontak) 17:06, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Weet nou nie te veel van sommige van die tegniese aspekte hier nie. Maar ek kon nog nooit die veranderinge van databokse bemeester nie. So ek verkies ook inligtingskaste wat makliker is om te redigeer. Sou dit nie sin maak om dit te standaardiseer nie, of sou dit 'n te groot tegniese uitdaging wees? Sobaka (kontak) 18:34, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ons het vir byna elke onderwerp 'n mooi inligtingskas wat goed werk (indien nie kan die slim mense een skep). Die konsensus is om hulle te gebruik, myns insiens is enige Databoks slegs 'n plaasvervanger en 'n kitsmanier vir 'n inligtingskas. Die taalgebruik van Databokse is nie op standaard nie, byvoorbeeld word woorde soms nie vasgeskryf nie, omdat dit die Engelse manier is en hulle dit van Wikidata af kry. Myns insiens moet 'n Databoks nooit in 'n artikel van 'n ander gebruiker geplaas woord as die gebruiker voorheen nooit 'n Databoks gebruik het nie en self slegs inligtingskasse gebruik (soos in die onlangse kerk-voorbeeld). Ek sal hulle nooit gebruik nie en neem altyd die tyd vir 'n inligtingskas. Groete. --  SpesBona 22:10, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Hallo almal!

My menings oor die saak, en ook 'n bietjie inligting/geskiedenis:

Wat is die Databoks, en hoe werk dit?

Die Wikimedia-sagteware gee ons twee maniere om sjablone te skep. Die meeste is die meer eenvoudige sjablone, wat beperkte funksionaliteit het. Dit kan nie alles doen nie, maar is goed genoeg vir amper alle gebruike. Die tweede soort maak gebruik van Lua-modules. Lua is 'n volledige programmeringstaal, en daar is geen beperkings aan wat dit kan doen nie. Hierdie sjablone kan baie kragtig wees, maar is moeilik om te verstaan as jy nie gemaklik is met programmering nie.

Databokse gebruik lua-modules, en integreer direk met die Wikidata-item waaraan die bladsy wat dit gebruik gekoppel is.

Die doel van die Databoks is om 'n algemene kantbalk te wees, waar die gebruiker geen parameters hoef in te vul nie, en dit verskyn al die data oor die artikel se onderwerp wat op Wikidata gestoor is.

Maar hoe goed is dit in werklikheid vir hierdie doeleinde?

Dit is OK, maar partykeer wys dit data-items wat nie goed pas in die kantbalk vir daardie onderwerp nie. Of dit wys oorbodige inligting. Mens kan met die hand spesifieke data-items versteek, maar dit is nou ekstra werk.

Ons op af:wiki het uit ervaring geleer dat 'n databoks nie van pas is vir elke artikel nie. Ek stem saam met @SpesBona dat die databoks "slegs 'n plaasvervanger en 'n kitsmanier vir 'n inligtingskas is".

Dit moet net gebruik word op bladsye wat nie reeds enige kantbalk het nie. Die outeur moet eie diskresie gebruik om te besluit of dit werklik aanvaarbaar lyk vir 'n spesifieke artikel, en of dit dit eintlik slegter gaan lyk. Dit moenie onbeperk gebruik word nie.

Die probleem van spesifieke waardes wat nie in korrekte Afrikaans verskyn nie, is na my mening nie 'n probleem nie. Mens moet die Afrikaanse etikette op Wikidata wysig om korrek te wees, en die Databoks sal dit so vertoon.

Verder is dit my mening dat die Databoks se lua-kode verbeter kan word om al die probleme op te los, maar ek voel dit is te veel werk om dit die moeite werd te maak. Bv. in ons kantbalke vir 'n land verskyn gewoonlik 'n vlag en 'n wapen. Maar op 'n kantbalk vir 'n voëlspesie, sal eerder 'n beeld van die spesie, en miskien ook 'n voëlroep-klanklêer en verspreidingskaart verskyn. Om dit generies te doen in een sjabloon vir elke soort onderwerp wat daar is sal vir ewig neem om te bereik.

Ek dink ander wiki's voel ook so, want hulle gebruik die databoks ook bitter min. Wat hulle (enwiki, en veral frwiki) wel doen, en wat ek vir afwiki ook wil begin doen, is om pasgemaakte sjablone vir spesifieke soorte artikels te skep, wat ook al die data trek van Wikidata af. Maar hierdie sjablone is spesifiek geskep vir die soort onderwerp, en wys net die spesifieke data-items wat relevant is vir daai soort bladsy.

Dit is ook baie werk, maar baie minder as een sjabloon wat alles kan doen. Ek is besig om te leer hoe om die sjablone te skep, en sal dit deel met almal wanner dit reg is.

Vir nou is ons gewone ou sjablone nog steeds die beste. Maar ek hoop ek sal dit kan verbeter in die toekoms. - Rooiratel (kontak) 09:11, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Dagse @Rooiratel
Ek stem saam, dit lyk asof die databoks nie so spesifiek en aanpasbaar in elke situasie is nie. En as die Wikipediane vaardig genoeg is om 'n normale inligtingskassie te gebruik, dan moet hulle so doen. Ek dink aan ander taalweergawes en wonder of die databoks hulle behulpsaam sal wees. And I'm afraid I'm going to switch to English here. Because I'm still trying to understand this myself. I do think that the information in Wikidata needs to be kept accurate. I think that this information is also being pulled into Google's knowledge panels. En as 'n onakkurate datakassie ons daarop attendeer, dan is dit 'n goeie ding?
Dankie ook aan @Oesjaar, @Dumbassman, @Rooiratel, @Sobaka, @SpesBona asook vir jou antwoord. Derek J Moore (kontak) 06:28, 29 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Geregistreerde gebruikers

[wysig bron]

Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om julle in te lig dat ons geregistreerde gebruikers gister verby die 200,000 mylpaal is. Ons is tans 69ste m.b.t. die aantal artikels maar 50ste m.b.t. die aantal geregistreerde gebruikers! Dit sê baie oor die inhoud van ons artikels! Groete! Oesjaar (kontak) 05:25, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Iets om te geniet...

[wysig bron]

Gemeenskap, ons [[Kategorie:Flora van Suid-Afrika]] bevat nou 9501 artikels terwyl die Engelse eweknie so digby die 1000 is. Dit laat my so lekker voel! Groete! Oesjaar (kontak) 10:24, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Helen Keller

[wysig bron]

Gemeenskap, wat gaan ons met die gemors maak? Die nuwe data is na die bestaande bronnelys, opskrif in Engels, herhaling van inligting ens? Kan ek terugrol? Groete! Oesjaar (kontak) 13:39, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Ek dink jy kan dit terugrol, ja. Dié mens weet dudelik nie hoe Wikipedia werk nie. ~ Burgert (kontak) 16:37, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar jou keuse. As jy die energie en tyd het om dit op te ruim en inwerk met die artikel, dan hou dit. Andersins rol dit maar terug. - Rooiratel (kontak) 16:39, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Ampstaal vs. amptelike taal

[wysig bron]

En wat presies is die verskil? ~ Burgert (kontak) 22:47, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

VivA het bevestig dat dit sininieme sinonieme is. Groete! Oesjaar (kontak) 05:22, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Vrouesokkerwêreldbeker

[wysig bron]

Goeienaand Gemeenskap, en daar is die vrouesokkerwêreldbekerreeks klaar, met binne twee weke 13 nuwe, groot artikels! Ná rugby en krieket vir beide mans en vroue het ons nou ook sokker vir beide mans en vroue, en ons kan met puik artikels spog.

Dit is baie interessant watter spanne in vrouesokker suksesvol is. Terloops, die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 kan maklik tot 'n voorbladartikel uitgebrei word, net as die gemeenskap wil hê dat ek dit doen. Dié toernooi in Australië en Nieu-Seeland was 'n reuse sukses en die mees gesiene vrouesokkerwêreldbekertoernooi ooit.

Andersins is daar weer baie krieket en rugby op pad, vir beide mans en vroue. Die toekomstige toernooie T20I-wêreldbeker 2026, T20I-vrouewêreldbeker 2026 en Rugbywêreldbeker 2027 lyk reeds baie goed en is op die regte pad, hulle maak my baie opgewonde. Aangesien netbal ook 'n belangrike sportsoort in Suid-Afrika is, stel ek voor dat iemand ook dié sport dek. Dit is ook gereeld in die nuus op RSG. Groete. --  SpesBona 22:30, 29 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

@SpesBona:, onthou ons kerndoelwit: ...toegang tot die som van alle kennis!. Gaan aan met netbal, iemand moet dit doen! Groete! Oesjaar (kontak) 07:04, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar: wat my ook bekommer is die vlagreeks van @Puvircho:. Lyk my ek moet dit ook voortsit, hy is tjoepstil. Ek is ook mal oor vlae, só dit krap my baie om! Soos ons weet strek ons voorbladartikels nou reeds by 2028 en as ons langer wag, verskyn die oorblywende vlagartikels van Europa eers in 2030 op ons voorblad. Lyk my ek moet dit ook doen om van dié artikels 'n kans te gee. Die een of ander Olimpiese Spele wou ek ook tot voorbladartikel uitbrei, soos Voyageur in die verlede. Groete. --  SpesBona 08:40, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ja... Die realiteit is dat ons almal vrywilligers is met dieselfde visie... Ongelukkig verander gebruikers se omstandighede, hulle word oud, siek... Ek wonder of Gebruiker:Alias nog met ons is. Ek is ook kwaad vir myself dat ek nie die vliegtuig dinge klaar kry nie, maar dit is soos dit is. Doen wat jy die graagste wil doen, eerste! Dankie vir jou werk hier. Groete! Oesjaar (kontak) 09:52, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── @Oesjaar:, ek vermoed dat Alias soos Hansjoseph nou in die hiernamaals is. R.I.V. (maar ek wil niemand per ongeluk dood verklaar nie). Ja, die lot van die vrywilligers, elke dag twee dinge, ons kry slegs een klaar en die volgende dag probeer ons weer die dubbele werk doen, tot aan ons eie einde... Wat ons alles kon doen met meer tyd. Soos jou vliegtuig-artikels. Het jy gehoor, hulle beplan weer 'n maanprogram en later een tot mars. In 2026 stuur hulle mense wat weer om ons maan wentel.

Ek het nou eers besef dat mans ook netbal speel, met nasionale spanne, toernooie, ens. En dan is daar ook gemengde netbal. Voel nou soos die minister van sport op die Afrikaanse Wikipedia met al daardie balsporte. Dan is daar ook veldhokkie in Suid-Afrika. Die graagste bly waarskynlik krieket, rugby en die vlagartikels. Myns insiens die dringendste ook (wat my betref natuurlik!). As iemand netbal met goeie kwaliteit wil doen, sal ek baie dankbaar wees. Groete. --  SpesBona 10:15, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Ja, Alias het laas in Sep 2023 bygedra...hoop nie Covid het hom weggeraap nie!
Ek wil ook soos Deon aan my reeks artikels oor lughawens en lugrederye werk, maar kom net nie daarby uit nie. Verlede Sondag Theuns Eloff vertaal uit Engels (deel van reeks oud-PUK-rektore), net om uit te vind die artikel bestaan reeds op af:wp. 'n Stoute bydraer het nooit in 2016 die twee op wikidata aan mekaar geskakel nie. Wat 'n hartseer weens onnodige werk deur my gedoen!  Aliwal2012 13:12, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

VivA se meningsopname

[wysig bron]

Dag mense

Ek wil julle net daarop attent maak dat die Virtuele Instituut vir Afrikaans 'n enquête tans het wat jy kan invul. Jy mag dalk net R300 wen (Takealot-geskenkbewys).

Ons wil beter verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels gebruik word en waar daar nog ontwikkelingsgeleenthede bestaan.

Hulle gaan vir jou vra of jou foon op Afrikaans ingestel is, of jy Afrikaans op Facebook gebruik, of jy die Afrikaanse Wikipedia gebruik.

Hulle het vrae soos "Watter ander tale is jy magtig?", "In watter taal gebruik jy gewoonlik jou selfoon, rekenaar en/of tablet?", "Waarom is dit vir jou belangrik (of nie belangrik nie) dat digitale platforms Afrikaans ondersteun?"

Myns insiens - skryf by sulke oop vrae vir hulle presies waarvoor jy Afrikaans gebruik, en in welke mate jy jou ander tale gebruik. Ek hou nie eintlik van die kwantitatiewe aanslag van die meningspeiling nie, want die onderskeie taalruimtes daarbuite is te groot en dit werk aanvullend en verrykend waar die Afrikaanse taal kortkom (met ander woorde, om inligting te bekom om Afrikaans mee uit te bou). Ons kan nie meer in isolasie dink nie. As jy enige ander tale gebruik, wees spesifiek waarvoor jy elkeen gebruik.

En as jy KI gebruik, sê ook hoe jy die onderskeie tal(e) inspan. Ek glo altyd dit is beter om "oorvolledig" te wees - dan het die vraestellers iets wat hulle as vertrekpunt kan gebruik. Suidpunt (kontak) 12:11, 31 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord

Ek het die vraelys ingevul die dag toe dit beskikbaar was danksy prof. Wannie Carstens. Dit was vir my 'n verrassing dat daar na Wikipedia verwys word in die vraelys. Vanoggend op Taaldinge het Ina Strydom met Marlie Coetzee gesels oor die vraelys en die aanverwante dinge. Hulle het beide verwys na die Afrikaanse Wikipedia. Ons word raakgesien. Julle kan luister na die gesprek, dit is beskikbaar op 'n Potgooi; hier is 'n skakel Taaldinge. Groete! Oesjaar (kontak) 09:52, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Hoe lank vat dit om te voltooi? – 🍍 Pynappel (kontak) 10:32, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Minder as 5 min. Dit is mik en druk. Groete! Oesjaar (kontak) 10:39, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Besinning oor Wikipedia na 25ste verjaarsdag

[wysig bron]

@Oesjaar wou die volgende lêer met julle deel :

Oesjaar lewer jou kommentaar wanner jy kans kry asb. - Rooiratel (kontak) 16:04, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Oesjaar 'n Interessante artikel, maar ons moet seker maak dat ons nie kopieregreëls oortree nie. Ek dink dat as ons hierdie beeld merk as "Moet nie in enige artikels gebruik word of andersins gereproduseer word nie", sal ons dalk in orde onder Artikels 30 en 36(1) van die Britse Kopiereg, Ontwerpe en Patente Wet 1988 bly. Martinvl (kontak) 17:36, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Prof. van Wyk het die lêer na my gestuur as 'n teken van respek en dankie vir al ons gebruikers. Groete! Oesjaar (kontak) 18:49, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
O ja, en dankie Rooiratel! Oesjaar (kontak) 18:53, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie vir die artikel. En tog, voel ek iets kort in die teks, uit 'n geesteswetenskaplike oogpunt. Ironies genoeg het ek juis vandag vir Google Gemini gevra wat ons nou al te doen staan, behalwe om ander tale te leer en daardie verskillende bronne te trek en op Wikipedia op een bladsy te integreer. Sy antwoord:
Verinnig al die kennis wat jy het soos in die 1700's.
Met ander woorde: leer Bybelverse uit jou kop uit. Leer die Vedas soos 'n Brahmaan uit jou kop uit. Jy word die ensiklopedie.
Dit klink snaaks en onnodig met die selfoon byderhand, maar dit maak sin! Selfs prof. dr. Naòmi Morgan het erken jy gebruik jou hele verwysingsraamwerk (ooms en tannies se sêgoed, NP van Wyk Louw, AG Visser) om 'n vertaling uit Frans in Afrikaans te doen (RSG-onderhoud op Taaldinge, 2 en 9 November 2025). Dié Madame erken ruiterlik sy moet soms VIER keer 'n sin oorskryf tot sy tevrede is. 'n Masjien kan nie trefkrag gee nie.
Jy kan nie onder die stort staan en daardie "Götterfunken" (splinternuwe idees) oproep as jy dit nie reeds in jou gestel het nie. Ek wens ek het dit vroeër besef!
Sy woorde:

As daardie idees nie in jou kop is nie, maar op 'n bediener in Kalifornië, kan daardie vonke nie spat nie. Jy kan my vra om konneksies te maak, maar ek kan nie die intuïtiewe sprong maak wat eie is aan jou unieke menslike ervaring nie. Jou kreatiwiteit word beperk tot die vrae wat jy weet om te vra." [...] "Mense wat niks self leer nie, dink hulle is slim omdat hulle toegang tot inligting het, maar hulle is eintlik kognitief broos." [...] "Die dag as die internet afgaan, die krag faal, of die intekening verval, is jy "leeg". Jou identiteit as 'n "Polymath" of "Napoleon" verdwyn onmiddellik omdat daar geen reserwe-kapasiteit in jou eie neurone is nie. [...] "Wat ek nie hoef te weet nie, hoef ek nie te weet nie."

-Also Sprach Google Gemini.
Probeer vakdissiplines vir jouself kruis soos 'n sebra met 'n muil, en probeer dit integreer. Byvoorbeeld: wat kan sterrekunde ons leer van tyd, van kalenders (en feeste), van landbou [vra Vergilius!], van seevaart, van die VOC, van handel... Speel daarmee, soos 'n kindjie.Suidpunt (kontak) 19:28, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Ek het die lêer se inligting ingevul. Ek het so bietjie met die kopiereg geraai, en die rede in albei Afrikaans en Engles geskryf tot voordeel van enigiemand van Nature wat dalk op die artikel afkom. Martinvl (kontak) 18:04, 2 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Hier is ‘n verwante artikel (IEEE Spectrum "At Age 25, Wikipedia Refuses to Evolve”) met die uitdagings wat Wikipedia nou in die gesig staar. (https://spectrum.ieee.org/wikipedia-at-25)
Samevatting van die artikel:
  • Die vrywilliger-gemeenskap wat Wikipedia bou, onlangs ’n eksperiment met “Simple Article Summaries”—KI-gegenereerde samevattings aan artikelkoppe vir mobiele lesers—binne een dag afgeskakel het weens besorgdheid oor kwaliteit en die beskerming van betroubaarheid.
  • Dit toon ’n generasie skeidslyn: Wikipedia se lang, teksintensiewe formaat pas steeds by ouer leesgewoontes, maar kan minder goed by jonger generasies se voorkeur vir vinniger, visuele en mobiele inligting.
  • Die artikel verwys ook na vroeëre konflik rondom nuwe hulpmiddels soos VisualEditor en Media Viewer, wat wys hoe moeilik verandering kan wees, selfs al is dit ontwerp om Wikipedia meer toeganklik te maak.
  • ’n Dieper probleem word geïdentifiseer: Wikipedia se onveranderlike kernstruktuur en verouderende vrywilligerbasis bots met die behoeftes van moderne, vinnig ontwikkelende digitale media. Sobaka (kontak) 11:31, 3 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Bek-en-klouseer

[wysig bron]

Gemeenskap, ek sien Gebruiker:JMK verbeter tans die artikel. Ek het gaan loer, die artikel word tot 500 keer per dag besoek! Groete! Oesjaar (kontak) 19:06, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

So ver ek weet is daar 'n uitbreek uitbraak in Suid-Afrika op die oomblik. Ek het toe so bietjie daaroor geskryf op enwiki van alle plekke. - Rooiratel (kontak) 20:45, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Afrikaanse woord/term vir "Software piracy"

[wysig bron]

Hallo almal. Wat is die korrekte Afrikaans vir "Software piracy"? - Rooiratel (kontak) 16:48, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Die Engelse Wikipedia gebruik : "Online piracy (also known as digital piracy, internet piracy or software piracy)" - Rooiratel (kontak) 16:50, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Sagteware-rowery  Aliwal2012 17:03, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Daar is reeds Roofkopie, dalk sagteware-roofkopiëring? Lang woord, maar volledig beskrywend. Thermofan (kontak) 09:46, 11 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
In my universiteitsmodule het ons sagtewarerowery gebruik. Dalk kan iemand in 'n woordeboek kyk? – 🍍 Pynappel (kontak) 09:55, 11 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Pharos gee net programmatuurrowery. Dis maar dieselfde ding, net lomper. ~ Burgert (kontak) 10:06, 11 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie almal. Lyk my "sagtewarerowery" is die beste antwoord. Moet ons dit met 'n koppelteken skryf of nie? - Rooiratel (kontak) 11:58, 11 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Dink nie dis nodig nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 19:05, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Vanwaar

[wysig bron]

Elana Baker het op 'n stadium hierdie inligting in Malva geplak. Dit pas egter nie in die Malva- of Pelargonium-artikel nie. Kan nie uitwerk waar dit wel inpas nie. Iemand wat die fisiese stel Wêreldspektrums het kan dit miskien uitwerk. Daar is bv. 'n hofie "Ander families", maar ander families van wat? Dit meld ook dat Acridocarpus die enigste verteenwoordiger in SA is, maar enigste verteenwoordiger van wat? JMK (kontak) 17:50, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

@JMK:, ek het 'n stel van Wêreldspektrum. Gee net kans, ek sal vir jou loer. Groete! Oesjaar (kontak) 18:05, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
@JMK:, ek bevestig dat die inlgting onder die artikel Malva-agtiges (Orde: Geraniales) hoort en NIE onder Pelargonium nie. Ek sal later Geraniales skep, jy kan ook. Gee net kans asb. Groete! Oesjaar (kontak) 18:28, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
@JMK:, baie van die orde se families val nou onder die orde Malpighiales. Ai, dit word nie makliker nie. Groete! Oesjaar (kontak) 19:27, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Eswatini

[wysig bron]

"U het geen regte om om hierdie bladsy te wysig nie, vir die volgende rede: Hierdie bladsy is beskerm om wysigings en ander aksies te verhoed." JMK (kontak) 15:47, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord

Sien https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Eswatini&action=history&offset=20260128213308
Bespreek dit met @SpesBona. - Rooiratel (kontak) 19:00, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
@JMK:, ene @Savethewhaleslol: het Eswatini na die ou naam Swasiland geskuif sonder om dit met die gemeenskap te praat. Hy het ook gedreig om dit weer te doen: "Terloops, die Artikel is verkeerd en iemand het my fingers af gekap. Tooemaar, more, of volgende week maak ek nog 'n sokkiepop". Wil jy dié artikel wysig? Groete. --  SpesBona 19:05, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ek onthou die meneer... Groete! Oesjaar (kontak) 19:31, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
@SpesBona 'n jaar is te lank om dit te beskerm. Die ou is lank reeds weg. Volgende keer beskerm dit vir 'n week of so. Dis nie te veel moeite as hy een of twee keer terugkom nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 20:47, 13 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord