Gaan na inhoud

Tyrrell Racing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jody Scheckter jaag in 'n seswiel-Tyrrell-Ford, 1976

Tyrrell Racing was 'n Formule Een renspan, gestig deur Ken Tyrrell.

Die 1970 Suid-Afrikaanse Grand Prix was die eerste wedren waaraan die span deelgeneem het. Die grootste sukses is behaal in die vroeë jare sewentig, toe Jackie Stewart driekeer (1969, 1971, 1973) 'n bestuurders- en eenkeer (in 1971) 'n vervaardigerskampioenskap gewen het.

Die span kon hierdie prestasie nooit weer herhaal nie, maar wen wel nog renne in die jare sewentig en vroeë 80, onder andere die laaste oorwinning vir die Ford Cosworth DFV motor in Detroit in 1983. Teen die einde van 1997 is die span oorgeneem deur British American Racing en neem sy laaste seisoen deel as Tyrrell in 1998.