Trosvy
| Trosvy | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Eudicots |
| Klade: | Rosids |
| Orde: | Rosales |
| Familie: | Moraceae |
| Genus: | Ficus |
| Spesie: | F. sycomorus |
| Binomiale naam | |
| Ficus sycomorus L., (1753) | |
| Verspreidingskaart | |
| Sinonieme | |
| |
Die trosvy (Ficus sycomorus) is 'n groot wildevyeboomspesie wat natuurlik langs riviere in die laeveld voorkom, maar ook sedert antieke tye in die Midde-Ooste verbou word. Hulle is inheems aan die Tugela-vallei in KwaZulu-Natal, noordwaarts tot aan die rand van die Sahara, en in die suidelike Arabiese Skiereiland. Die boom se FSA-nommer is 66.[1]
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Die boom is inheems in Algerië, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kaap Verde, Kenia, Libanon, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Republiek die Kongo, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sirië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Bekende eksemplare
[wysig | wysig bron]Die Ilembe-boom is 'n baie groot trosvy, geleë op die oewer van die Mandlenispruit naby Kranskop, KwaZulu-Natal. Dit is in 2013 as 'n kampioenboom verklaar en word bewaar in terme van die Nasionale Wet op Bosse (84/1998).[2]
Die skadu van die Umdlebe- of Ultimatumboom op die suidoewer van die Tugelarivier was die ligging waar die Britte in 1878 'n ultimatum aan Cetshwayo se indoenas sou stel, wat op die Anglo-Zoeloeoorlog sou uitloop. Die oorspronklike boom (óf een wat daarmee verwar is) bestaan nie meer nie, maar 'n stiggie van die boom is in die nabye aangeplant en omhein. Dit is tans in die Harold Johnson-natuurreservaat geleë.[3][4]


Galery
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Geleë te 28°52′50″S 30°58′52″E / 28.88056°S 30.98111°O Joemat-Pettersson, Tina (13 September 2013). "Declaration of particular groups of trees as "Champion Trees"" (PDF). cer.org.za. Universiteit van Pretoria. Besoek op 7 Desember 2015.
- ↑ www.battlefieldsroute.co.za/place/fort-pearson-and-ultimatum-tree
- ↑ Esterhuyse, Neels; Von Breitenbach, Jutta; Söhnge, Hermien; Van der Merwe, Sakkie (2016). Remarkable trees of South Africa (Tweede uitg.). Pretoria, South Africa: BRIZA. p. 159. ISBN 9781920217662.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trosvy.
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Ficus
- Bome van Afrika
- Flora van Algerië
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van Burundi
- Flora van die Comore-eilande
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Djiboeti
- Flora van Egipte
- Flora van Eritrea
- Flora van Eswatini
- Flora van Ethiopië
- Flora van Gambië
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Guinee-Bissau
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Jemen
- Flora van Kaap Verde
- Flora van Kenia
- Flora van Libanon
- Flora van Madagaskar
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Mauritanië
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van Oman
- Flora van Palestina
- Flora van die Republiek die Kongo
- Flora van Rwanda
- Flora van Saoedi-Arabië
- Flora van Senegal
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Sirië
- Flora van Somalië
- Flora van Soedan
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Togo
- Flora van Uganda
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe
- Plante wat in 1753 beskryf is