Philadelphia
- Hierdie artikel handel oor die stad in die Verenigde State. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien gerus Philadelphia, Wes-Kaap.
| Kaart | Seël |
| Vlag | |
| Land | |
| Deelstaat | |
| County | Philadelphia |
| Koördinate | 39°57′N 75°09′W / 39.950°N 75.150°W |
| Gestig op | 27 Oktober 1682 |
| Inkorporasie | 25 Oktober 1701 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 369,59 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 12 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2020) | 1 603 797 |
| - Bevolkingsdigtheid | 4 608/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 6 245 051 |
| Tydsone | UTC -5 (OST) |
| - Somertyd | UTC -4 (ODT) |
| Burgemeester | Cherelle Parker (D) |
| Amptelike webwerf | phila.gov |
Philadelphia (Engels: [fɪləˈdɛlfiə], ), in die omgangstaal ook Philly, is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en die sesde grootste in die Verenigde State met 'n bevolking van sowat 1,6 miljoen. Philadelphia is die administratiewe setel van die Philadelphia-distrik (Engels: Philadelphia County) en 'n belangrike nasionale handel-, onderwys- en kulturele sentrum. Die metropolitaanse gebied van Philadelphia-Camden-Wilmington is die vyfde grootste in die Verenigde State met sowat 6,2 miljoen inwoners (2020).



Graf van die Onbekende Rewolusionêre Soldaat, Washington Square


Philadelphia word dikwels The City of Brotherly Love ("Die Stad van Broederlike Liefde") genoem, afgelei van die betekenis van sy Griekse naam: Φιλαδέλφεια, /fi.la.ˈdɛl.fɛj.a/, "broederlike liefde" van Grieks philos "liefde" en adelphos "broeder".
Philadelphia, wat in die 18de eeu ook as die eerste Amerikaanse hoofstad gedien het, was destyds die grootste stad in die Verenigde State en die tweede grootste in die Britse Ryk ná Londen. Ten opsigte van sy politieke en sosiale belangrikheid het dit selfs Boston en New York oortref en het veral danksy die invloed van Benjamin Franklin tot die maatskaplike en geografiese sentrum van die oorspronklike dertien Amerikaanse kolonies ontwikkel. Die idee van 'n onafhanklike Amerikaanse nasie het in hierdie stad ontstaan, en Philadelphia was ook die toneel van belangrike gebeurtenisse gedurende die Amerikaanse Rewolusie, die beginpunt van die Amerikaanse vryheid, demokrasie en onafhanklikheid.
Philadelphia was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2003.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Philadelphia.- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Philadelphia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Januarie 2026.
- Toerisme
- (en) Toerisme-inligting oor Philadelphia op Wikivoyage
- (en) Visit Philadelphia, The City of Brotherly and Sisterly Love


