Gaan na inhoud

Perm (geologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Permian)
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Trias Vroeg Indusium jonger
Perm Lopingium Changhsingium 252,2–254,1
Wuchiapingium 254,1–259,8
Guadalupium Capitanium 259,8–265,1
Wordium 265,1–268,8
Roadium 268,8–272,3
Sisuralium Kungurium 272,3–283,5
Artinskium 283,5–290,1
Sakmarium 290,1–295,0
Asselium 295,0–298,9
Karboon Pennsylvanium Gzhelium ouer
Die verdeling van die Perm (IKS).
Diere en plante van 'n meeroewer-ekostelsel in die mid-Permtyd, waarvan fossiele in die Karoo gevind is.

Die Perm is die laaste geologiese periode van die Paleosoïese Era en strek van die einde van die Karboon sowat 298,9 miljoen jaar gelede, tot die begin van die Trias, die eerste periode van die Mesosoïese Era sowat 252,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit het in 1841 sy naam van die geoloog sir Roderick Murchison ontvang, en is na die antieke koninkryk Permië genoem. Dit is ook die laaste chronostratigrafiese sisteem van die Paleosoïese erateem.

Die floraryke van die Perm se begin

In die Perm het die vroeë Amniota in die voorouers van die soogdiere, waterskilpaaie, Lepidosauria en Archosauria verdeel. Daar was in dié tyd ’n enkele kontinent, Pangaea, wat deur die oseaan Panthalassa omring was. Die uitgebreide reënwoude van die Karboon het verdwyn en groot, droë woestyne het in die middelste dele van die kontinent ontstaan. Reptiele, wat beter by die droë toestande kon aanpas, het in die plek van hul amfibiese voorouers begin oorheers.

Die Perm en die Paleosoïkum het met die Perm-Trias-uitwissing, die grootste massa-uitwissing in die Aarde se geskiedenis geëindig. Byna 90% van die seespesies en 70% van die landspesies is uitgewis.[2] Die Aarde sou eers weer ’n ruk ná die begin van die Trias van dié katastrofe herstel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ICS (2012). "International Chronostratigraphic Chart" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2012. Besoek op 17 Augustus 2021.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2015. Besoek op 24 Januarie 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Proterosoïkum Fanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum   Paleosoïese Era Mesosoïese Era Kainosoïese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwartêr