Gaan na inhoud

J.M. Coetzee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
J.M. Coetzee
J. M. Coetzee in Warskou (2006)
Gebore
John Maxwell Coetzee

9 Februarie 1940 (1940-02-09) (86 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Australies
BeroepRomanskrywer, essayis, literatuurkritikus, taalkundige, vertaler
ToekenningsBooker-prys (1983)
Prix Femina Étranger (1985)
The Irish Times International Fiction Prize (1995)
Booker-prys (1999)
Nobelprys vir Letterkunde (2003)

John Maxwell Coetzee (gebore 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou.[1] Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde.[2]

Lewensloop

[wysig | wysig bron]

John Maxwell Coetzee is op 9 Februarie 1940 in Kaapstad gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en in wiskunde en Engels gekwalifiseer.

In die vroeë 1960's het hy in Engeland gewoon, waar hy onder andere as rekenaarprogrameerder gewerk het. Hy het hieroor in Youth (2002) geskryf. Hy het daarna in die VSA gestudeer, en as dosent in Engels en literatuur daar gewerk. In 1971 het hy teruggekeer na Suid-Afrika, en in 1984 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy was die eerste skrywer wat twee keer die Booker-prys gewen het, vir Life & Times of Michael K in 1983, en Disgrace in 1999.

In 2003 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, die vierde persoon van Afrika, en tweede van Suid-Afrika wat die prys verwerf (die ander was Nadine Gordimer).

Coetzee is op 14 Junie 2010 in Amsterdam benoem tot Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw, die oudste en hoogste Nederlandse siviele orde. Tydens die seremonie is hy geprys vir sy rol as verbindingsoffisier tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandse kulture.[3]

Hy woon sedert 2002 in Adelaide, Australië, waar hy burgerskap ontvang het. ’n Biografie oor hóm deur J.C. Kannemeyer, J.M. Coetzee – ’n geskryfde lewe, het in 2012 verskyn.

Romans, bibliografiese skrywes en essays

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. ↑ "The Nobel Prize in Literature 2003" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
  3. ↑ J.M. Coetzee word Nederlandse ridder Geargiveer 19 Mei 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 16 Mei 2010.
  4. ↑ Harbour, Berna González (13 September 2022). "J. M. Coetzee: 'After many years of practice, I write good English sentences'". EL PAÍS Engelse uitgawe.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]