Gaan na inhoud

Hispaniola

Hispaniola
Inheemse naam: La Española, Kiskeya / Quisqueya, Ispayola
Kaart van Hispaniola met Haïti en die Dominikaanse Republiek
Kaart van Hispaniola met Haïti en die Dominikaanse Republiek
Geografie
LiggingKaribiese See
Koördinate19°09′N 70°40′W / 19.150°N 70.667°W / 19.150; -70.667
ArgipelGroot Antille
Oppervlakte76 480 vk km
Hoogste puntPico Duarte 3 175 m
Administrasie
Vlag van Haïti Haïti
HoofstadPort-au-Prince
Grootste stadPort-au-Prince (1 275 000)
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek
HoofstadSanto Domingo
Grootste stadSanto Domingo (2 987 013)
Demografie
Bevolking18 943 000
Die wêreld se 22ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van die Groot Antille
Ligging van Hispaniola in die Groot Antille
Topografiese kaart van Hispaniola

Hispaniola (Spaans: La Española, die Spaanse; Taíno: Kiskeya / Quisqueya; Haïtiaanse Kreools: Ispayola) is ná Kuba die tweede grootste eiland van die Groot Antille tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide en bestaan tans uit twee lande: Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste. Die eiland lê in die suide van die Turks- en Caicos-eilande, in die suidooste van die Bahamas, in die ooste van Kuba, in die noordooste van Jamaika en in die weste van Puerto Rico. Hispaniola is op 5 Desember 1492 deur Christophorus Columbus vir Spanje ontdek en in besit geneem. Die eiland het 'n bevolking van 18 943 000 in 2005 gehad en het 'n oppervlakte van 76 480 km². Hispaniola is veral bekend as eerste Europese kolonie in Amerikas en die oudste Europese nedersettings, wat nou Santo Domingo is.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]