FliekNET
fliekNET is 'n Suid-Afrikaanse digitale satelliet-televisiekanaal wat 24 uur per dag Afrikaanse rolprente uitsaai. Die kanaal is deel van die KykNET-familie en word deur MultiChoice bedryf op DStv-kanaal 149.[1]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]fliekNET is op 1 April 2023 geloods en het KykNET&Kie vervang. Die herposisionering was deel van MultiChoice se strategie om die kykNET-kanaalfamilie te stroomlyn en 'n toegwyde kanaal vir Afrikaanse flieks te skep.[2]
Voor 2023 het kykNET & kie 'n kombinasie van herhalings, leefstylprogramme en flieks uitgesaai. Met die bekendstelling van fliekNET het die fokus verskuif na uitsluitlik rolprente, terwyl herhalings van sepies en reekse na KykNET&Kie op kanaal 145 geskuif het.
Inhoud
[wysig | wysig bron]Die kanaal saai hoofsaaklik uit:
- Afrikaanse rolprente: Klassieke en nuwe Afrikaanse flieks , insluitend ,treffers soos Fiela se kind (rolprent), Wonderlus, Moffie.
- Silwerskermfees-flieks: Kortfilms en vollengte flieks wat by die jaarlikse kykNET Silwerskermfees debuteer.
- Internasionale films met Afrikaanse onderklanking: Geselekseerde internasionale titels wat in Afrikaans oorgeklank word.
- Temablokkies: Soos "Romansemaand", "Grendelmaand" en "Kersfees op fliekNET".
fliekNET wys joe advertensies tydens flieks nie, slegs tussen programme.
Beskikbaarheid
[wysig | wysig bron]fliekNET is beskikbaar vir alle DStv-pakkette vanaf DStv Access. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en die DStv-app vir intekenare .
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.dstv.com/flieknet.
{{cite web}}: Ontbrekende of leë|title=(hulp) - ↑ "Page not found | DStv South Africa". www.dstv.com (in Engels). Besoek op 27 April 2026.
{{cite web}}: Cite uses generic title (hulp)