Evolusie

In biologie is evolusie die verandering in die oorerflike eienskappe van biologiese bevolkings oor opeenvolgende geslagte. Dit vind plaas wanneer evolusionêre prosesse soos genetiese wegdrywing en natuurlike seleksie op genetiese variasie inwerk, met die gevolg dat sekere eienskappe oor opeenvolgende geslagte meer of minder algemeen in 'n bevolking word; nuwe trekke ontwikkel so in bevolkings en word van geslag tot geslag voortgedra. Die proses van evolusie het biodiversiteit op elke vlak van biologiese organisasie voortgebring.[1] Met die verloop van baie miljoene jare het die proses nuwe spesies voortgebring: skattings van die aantal spesies wat vandag op aarde bestaan wissel tussen 10 miljoen en 14 miljoen, waarvan sowat 1,9 miljoen al benoem is.[2][3][4] Die filogenetiese "boom" op die regterkant toon die oorspronklike gemeenskaplike stam van, en latere verhoudings tussen die drie hoofdomeine van lewende wesens aan.
Die huidige begrip van evolusie is gebaseer op die teorie van natuurlike seleksie, ontwikkel in 'n joernaalartikel deur Charles Darwin en Alfred Russel Wallace in 1858, en wyer bekend gestel in Darwin se boek Die oorsprong van spesies in 1859. Natuurlike seleksie is die gedagte dat individuele organismes met genetiese materiaal wat aan hulle voordelige oorerflike eienskappe verleen, meer geneig tot oorlewing is as andere wat dit nie het nie, en gewoonlik meer tyd het om te kan voortplant as daardie andere. Deur voortplanting vermeerder die voorkomssyfer van sulke eienskappe in daaropvolgende generasies. Evolusie deur natuurlike seleksie word deur waarneembare feite oor lewende organismes vasgestel: dat daar dikwels meer nageslag voortgebring word as wat moontlik kan oorleef; dat eienskappe tussen individue verskil wat hulle bou, fisiologie en gedrag betref; dat verskillende eienskappe verskillende tempo's van oorlewing en voortplanting meebring; en dat eienskappe van geslag tot geslag oorgedra kan word. In opeenvolgende geslagte is dit dus waarskynliker dat lede van 'n bevolking deur die nageslag van ouers met gunstige eienskappe vir daardie omgewing vervang word.[5]
In die 1930's het wetenskaplikes Darwin se werk met die teorie van Gregor Mendel oor oorerflikheid, gekombineer tot 'n nuwe evolusie-sintese wat as die moderne sintese of Neo-Darwinisme bekend staan; in dié sintese lê die grondslag van oorerflikheid in DNS-molekules wat inligting van geslag tot geslag oordra.[6] Dié sintese beskryf evolusie as 'n verandering in die frekwensie van allele in 'n bevolking van een geslag tot die volgende. Die meganismes wat hierdie veranderinge veroorsaak is die grondmeganismes van bevolkingsgenetika: natuurlike seleksie, en genetiese skuiwing (Engels genetic drift), wat op sy beurt afhang van die genetiese verskeidenheid veroorsaak deur mutasie, genetiese rekombinasie en geenvloei.[7] Hierdie teorie het die sentraal-organiserende beginsel van moderne biologie geword, met direkte toepasbaarheid op onderwerpe soos antibiotiese weerstandigheid, eusosiaalheid in insekte, en die verbysterende biodiversiteit van die wêreld.
Alle lewe op aarde – die mens inbegrepe – deel 'n laaste universele gemeenskaplike voorouer, wat ongeveer 3,5 tot 3,8 miljard jaar gelede geleef het. Die fossielrekord bevat 'n opeenvolging van vroeë biogeniese grafiet tot fossiele van mikrobiese matte tot veelsellige organismes. Die bestaande patrone van biodiversiteit is gevorm deur die herhaalde ontstaan van nuwe spesies (spesiasie), veranderinge binne spesies en die verlies van spesies (uitsterwing) deur die hele evolusionêre geskiedenis van die lewe op aarde. Morfologiese en biochemiese eienskappe is geneig om meer eenders te wees onder spesies wat 'n meer onlangse gemeenskaplike voorouer deel, wat histories gebruik is om filogenetiese bome te rekonstrueer, hoewel die direkte vergelyking van genetiese volgordes vandag 'n algemener metode is.[8][9]
Evolusiebioloë ondersoek steeds verskillende aspekte van evolusie deur hipoteses te vorm en te toets en deur teorieë op te stel op grond van getuienis uit die veld of die laboratorium en van gegewens wat met die metodes van die wiskundige en teoretiese biologie voortgebring word. Hulle ontdekkings het nie net die ontwikkeling van die biologie beïnvloed nie, maar ook ander gebiede soos die landbou, die geneeskunde en die rekenaarwetenskap.[10]

Moderne sintese van evolusie
[wysig | wysig bron]Oorerflikheid
[wysig | wysig bron]
Evolusie in organismes vind plaas deur veranderinge in oorerflike eienskappe – die eienskappe wat 'n organisme van sy ouers ontvang. By die mens is oogkleur byvoorbeeld 'n oorerflike eienskap, en 'n individu kan die "bruinoog-eienskap" van een van sy ouers erf.[11] Oorerflike eienskappe word deur gene beheer, en die volledige stel gene binne 'n organisme se genoom word sy genotipe genoem.[12]
Die volledige stel waarneembare eienskappe wat die bou en gedrag van 'n organisme uitmaak, word sy fenotipe genoem. Sommige van dié eienskappe kom uit die wisselwerking van die genotipe met die omgewing, terwyl ander neutraal is. Party waarneembare eienskappe word nie oorgeërf nie: gebronsde vel kom uit die wisselwerking tussen 'n mens se genotipe en sonlig, en 'n sonbruining word dus nie aan die kinders oorgedra nie. Wat wél oorerf, is die vermoë van die vel om te bruin wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Sommige mense bruin makliker as ander weens verskille in hulle genotipe; 'n opvallende voorbeeld is mense met die oorerflike eienskap albinisme, wat glad nie bruin nie en baie sensitief vir sonbrand is.[13][14]
Oorerflike eienskappe word van een geslag na die volgende oorgedra deur DNS, 'n molekule wat genetiese inligting kodeer. DNS is 'n lang biopolimeer wat uit vier soorte basisse bestaan, en die volgorde van die basisse langs 'n bepaalde DNS-molekule bepaal die genetiese inligting op 'n manier soortgelyk aan 'n reeks letters wat 'n sin spel. Voordat 'n sel verdeel, word die DNS gekopieer sodat elkeen van die twee selle wat ontstaan die DNS-volgorde erf. Dele van 'n DNS-molekule wat 'n enkele funksionele eenheid spesifiseer, word gene genoem; verskillende gene het verskillende basisvolgordes. Binne selle word elke lang DNS-string 'n chromosoom genoem, en die spesifieke plek van 'n DNS-volgorde op 'n chromosoom staan as 'n lokus bekend. Wanneer die DNS-volgorde by 'n lokus tussen individue verskil, word die verskillende vorme daarvan allele genoem. DNS-volgordes kan deur mutasies verander en so nuwe allele voortbring; wanneer 'n mutasie binne 'n geen voorkom, kan die nuwe alleel die eienskap raak wat die geen beheer en so die fenotipe van die organisme verander. Hierdie eenvoudige ooreenkoms tussen een alleel en een eienskap geld egter net in sommige gevalle: die meeste eienskappe word deur verskeie gene beïnvloed, kwantitatief of deur wisselwerking tussen gene.[12][15]
Die DNS is dus die molekule wat by oorerflikheid betrokke is. Gregor Mendel het in sy geengebaseerde model van oorerflikheid berig dat eienskappe op 'n voorspelbare wyse deur die onafhanklike verdeling en segregasie van diskrete eenhede – later gene genoem – oorgedra word,[16] maar dat DNS self die draer van daardie eenhede is, is eers in 1953 met die bepaling van die struktuur van DNS fisies verklaar.[17] Talle spesies plant seksueel voort: 'n proses van meiotiese herkombinasie, en daarna 'n onafhanklike verdeling van die chromosome en die saamvoeging van gamete (gewoonlik eier en sperm).
Bronne van variasie
[wysig | wysig bron]Evolusie kan slegs plaasvind as daar genetiese variasie binne 'n bevolking bestaan. Variasie kom van mutasies in die genoom, die herskikking van gene deur seksuele voortplanting, en migrasie tussen bevolkings (geenvloei). Ondanks die voortdurende toevoeging van nuwe variasie deur mutasie en geenvloei is die grootste deel van 'n spesie se genoom baie eenders onder al die individue van daardie spesie. Ontdekkings op die gebied van die evolusionêre ontwikkelingsbiologie het egter getoon dat selfs betreklik klein verskille in genotipe tot dramatiese verskille in fenotipe kan lei, sowel binne as tussen spesies.[18]
'n Individuele organisme se fenotipe is die uitkoms van sowel sy genotipe as die invloed van die omgewing waarin dit geleef het. Die moderne evolusionêre sintese omskryf evolusie as die verandering in hierdie genetiese variasie oor tyd. Die frekwensie van een bepaalde alleel word meer of minder algemeen in verhouding tot ander vorme van daardie geen. Variasie verdwyn wanneer 'n nuwe alleel die punt van fiksasie bereik – wanneer dit óf uit die bevolking verdwyn óf die voorouerlike alleel heeltemal vervang.[19]
Mutasie
[wysig | wysig bron]
Mutasies is veranderinge in die DNS-volgorde van 'n sel se genoom en is die uiteindelike bron van alle genetiese variasie in alle organismes. Wanneer mutasies voorkom, kan hulle die produk van 'n geen verander, die geen verhinder om te werk, of geen uitwerking hê nie.[19] Dié vind gewoonlik plaas deur "kopiëringsfoute" in die genetiese materiaal tydens seldeling, maar ook deur die blootstelling aan virusse, vry radikale en chemiese stowwe.
Ongeveer die helfte van die mutasies in die koderende gedeeltes van proteïenkoderende gene is skadelik; die ander helfte is neutraal, en 'n klein persentasie lewer 'n voordeel in fiksheid. Van die mutasies in ander dele van die genoom is sommige skadelik, maar die oorgrote meerderheid is neutraal en 'n paar is voordelig.[20]
Mutasies kan meebring dat groot dele van 'n chromosoom verdubbel word (gewoonlik deur genetiese rekombinasie), wat ekstra kopieë van 'n geen in 'n genoom kan inbring. Ekstra kopieë van gene is 'n groot bron van die rou materiaal wat nodig is vir die ontwikkeling van nuwe gene, want die meeste nuwe gene ontwikkel binne geenfamilies uit reeds bestaande gene met gemeenskaplike voorouers. Die menslike oog gebruik byvoorbeeld vier gene om strukture te maak wat lig waarneem – drie vir kleursig en een vir nagsig – en al vier stam van 'n enkele voorouerlike geen af.[21][22]
Nuwe gene kan uit 'n voorouerlike geen ontstaan wanneer 'n duplikaatkopie muteer en 'n nuwe funksie kry. Dié proses is makliker nadat 'n geen verdubbel is, omdat dit die oortolligheid van die stelsel verhoog: die een geen van die paar kan 'n nuwe funksie aanneem terwyl die ander kopie sy oorspronklike werk aanhou doen. Ander soorte mutasies kan selfs heeltemal nuwe gene uit voorheen nie-koderende DNS voortbring, 'n verskynsel wat de novo-geengeboorte genoem word.[23][24]
Die ontstaan van nuwe gene kan ook behels dat klein dele van verskeie gene verdubbel word en dat daardie fragmente dan herkombineer om nuwe kombinasies met nuwe funksies te vorm. Wanneer nuwe gene uit die herskikking van bestaande dele saamgestel word, tree proteïendomeine as modules met eenvoudige onafhanklike funksies op wat gemeng kan word om nuwe en komplekse funksies voort te bring. Polikietiedsintetases is byvoorbeeld groot ensieme wat antibiotika maak; hulle bevat tot 100 onafhanklike domeine wat elk een stap in die geheelproses kataliseer, soos 'n stap op 'n monteerbaan.[25][26]
'n Voorbeeld van 'n mutasie is dié van wildevark-kleintjies. Hulle is gekamoefleer en toon 'n kenmerkende patroon van donker en ligte lengtestrepe, maar mutasies in die geen vir die melanokortien-1-reseptor versteur die patroon. Die meeste varkrasse dra sulke mutasies wat die wilde kleurpatroon versteur, en verskillende mutasies veroorsaak dominante swart kleur.[27]
Seks en rekombinasie
[wysig | wysig bron]By ongeslagtelike organismes word gene saam geërf, of gekoppel, omdat hulle nie tydens voortplanting met die gene van ander organismes kan meng nie. Die nageslag van geslagtelike organismes bevat daarteenoor lukrake mengsels van hulle ouers se chromosome wat deur onafhanklike verdeling ontstaan. In 'n verwante proses, homoloë rekombinasie, ruil geslagtelike organismes DNS tussen twee ooreenstemmende chromosome uit. Rekombinasie en herverdeling verander nie alleelfrekwensies nie, maar verander watter allele met mekaar geassosieer word en lewer so nageslag met nuwe kombinasies van allele. Seks vermeerder gewoonlik die genetiese variasie en kan die tempo van evolusie verhoog.[28]
Die tweevoudige koste van seks is die eerste keer deur John Maynard Smith beskryf. Die eerste koste is dat by geslagsdimorfe spesies net een van die twee geslagte kleintjies kan dra; dié koste geld nie vir hermafrodiete soos die meeste plante en baie ongewerweldes nie. Die tweede koste is dat enige individu wat geslagtelik voortplant net 50% van sy gene aan enige individuele nakomeling kan oordra, en steeds minder met elke nuwe geslag. Tog is geslagtelike voortplanting die algemener wyse van voortplanting onder eukariote en veelsellige organismes.[29][28] Die Rooikoningin-hipotese is gebruik om die betekenis van geslagtelike voortplanting te verklaar as 'n middel wat voortdurende evolusie en aanpassing in reaksie op koevolusie met ander spesies in 'n steeds veranderende omgewing moontlik maak.[30] 'n Ander hipotese is dat geslagtelike voortplanting hoofsaaklik 'n aanpassing is om die akkurate rekombinasieherstel van skade aan DNS in die geslagslyn te bevorder, en dat die groter verskeidenheid 'n newegevolg van dié proses is wat soms voordelig kan wees.[31]
Geenvloei
[wysig | wysig bron]Geenvloei is die proses van genetiese verandering deur middel van die bekendstelling van nuwe genetiese materiaal in 'n genetiese bevolking, vanaf 'n geneties-verskillend ander bevolking, gewoonlik deur middel van geenoordrag. Dit kan natuurlik gebeur, maar vind dikwels ook plaas weens die inwerking van virusse.[32] Geenvloei kan dus 'n bron van variasie wees wat nuut is vir 'n bevolking of vir 'n spesie, en dit kan veroorsaak word deur die beweging van individue tussen afsonderlike bevolkings, soos die beweging van muise tussen binnelandse en kusbevolkings of die beweging van stuifmeel tussen bevolkings van grasse wat swaarmetale kan verdra en dié wat nie kan nie.[33]
Geenoordrag tussen spesies sluit die vorming van basterorganismes en horisontale geenoordrag in. Horisontale geenoordrag is die oordrag van genetiese materiaal van een organisme na 'n ander wat nie sy nageslag is nie, en kom die algemeenste onder bakterieë voor. In die geneeskunde dra dit by tot die verspreiding van antibiotiese weerstandigheid, want wanneer een bakterie weerstandsgene bekom, kan dit hulle vinnig aan ander spesies oordra.[34][35] Horisontale oordrag van gene van bakterieë na eukariote het ook plaasgevind, byvoorbeeld na die gis Saccharomyces cerevisiae en die adzukiboonkalander Callosobruchus chinensis. 'n Voorbeeld van oordrag op groter skaal is die eukariotiese bdelloïede radierdiertjies, wat 'n reeks gene van bakterieë, swamme en plante ontvang het. Virusse kan ook DNS tussen organismes vervoer en so die oordrag van gene selfs oor die grense van die biologiese domeine moontlik maak.[36]
Geenoordrag op groot skaal het ook tussen die voorouers van eukariotiese selle en bakterieë plaasgevind tydens die verkryging van chloroplaste en mitochondria. Dit is moontlik dat die eukariote self uit horisontale geenoordrag tussen bakterieë en argeae ontstaan het.[37]
Epigenetika
[wysig | wysig bron]Sommige oorerflike veranderinge kan nie deur veranderinge aan die volgorde van die nukleotiede in die DNS verklaar word nie. Hierdie verskynsels word as epigenetiese oorerwingstelsels geklassifiseer. DNS-metilering wat chromatien merk, selfonderhoudende metaboliese kringlope, die stilmaak van gene deur RNS-inmenging, en die driedimensionele vorm van proteïene (soos prione) is gebiede waar epigenetiese oorerwingstelsels op die vlak van die organisme ontdek is. Ontwikkelingsbioloë stel voor dat komplekse wisselwerkings in genetiese netwerke en kommunikasie tussen selle tot oorerflike variasie kan lei. Oorerflikheid kan ook op nog groter skale voorkom: ekologiese oorerwing deur die proses van nisbou word gedefinieer deur die gereelde en herhaalde bedrywighede van organismes in hulle omgewing, wat 'n nalatenskap van uitwerkings skep wat die seleksieregime van daaropvolgende geslagte verander. Ander voorbeelde van oorerflikheid in evolusie wat nie onder die direkte beheer van gene staan nie, sluit die oorerwing van kulturele eienskappe en simbiogenese in.[38][39]
Sommige meganismes van evolusie
[wysig | wysig bron]
Uit 'n neo-Darwinistiese oogpunt vind evolusie plaas wanneer die frekwensies van allele binne 'n bevolking van onderling telende organismes verander – byvoorbeeld wanneer die alleel vir swart kleur in 'n bevolking motte algemener word. Meganismes wat tot veranderinge in alleelfrekwensies kan lei, sluit natuurlike seleksie, genetiese wegdrywing en mutasievooroordeel in.
Seleksie en aanpassing
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Natuurlike seleksie.

Natuurlike seleksie ontstaan deurdat lede van dieselfde spesie weens die lede se belewenis van verskillende gebeure en omgewings langer of korter oorleef. Diegene wat langer oorleef het 'n hoër mate van suksesvolle voortplantingsgeleenthede. Dit is nie 'n lukrake proses nie: dit bevoordeel mutasies wat beter by die betrokke omstandighede aangepas is en werk teen dié wat slegter aangepas is. Die kernrol wat dit speel in evolusie het 'n sterk verbintenis daartussen en die studie van ekologie veroorsaak.
Evolusie deur natuurlike seleksie is die proses waardeur eienskappe wat oorlewing en voortplanting bevoordeel al hoe algemener word in opeenvolgende geslagte van 'n bevolking. Dit berus op drie beginsels: dat daar variasie in bou, fisiologie en gedrag binne bevolkings van organismes bestaan; dat verskillende eienskappe verskillende tempo's van oorlewing en voortplanting meebring; en dat daardie eienskappe van geslag tot geslag oorgedra kan word.[40] Meer nageslag word voortgebring as wat moontlik kan oorleef, en dié toestande skep mededinging tussen organismes om oorlewing en voortplanting. Organismes met eienskappe wat hulle 'n voordeel bo hulle mededingers gee, is gevolglik meer geneig om hulle eienskappe aan die volgende geslag oor te dra.[41][5]
Die kernbegrip van natuurlike seleksie is die evolusionêre fiksheid van 'n organisme. Fiksheid word gemeet aan 'n organisme se vermoë om te oorleef en voort te plant, wat die grootte van sy genetiese bydrae tot die volgende geslag bepaal. Fiksheid is egter nie dieselfde as die totale aantal nageslag nie: dit word eerder aangedui deur die aandeel van daaropvolgende geslagte wat 'n organisme se gene dra. As 'n organisme byvoorbeeld goed kan oorleef en vinnig voortplant, maar sy nageslag is almal te klein en te swak om te oorleef, sou dié organisme min genetiese bydrae tot toekomstige geslagte lewer en dus 'n lae fiksheid hê.[42][43]
As 'n alleel die fiksheid meer verhoog as die ander allele van daardie geen, het dié alleel met elke geslag 'n hoër waarskynlikheid om algemeen in die bevolking te word; van sulke eienskappe word gesê dat daar vír hulle geselekteer word. Omgekeerd lei die laer fiksheid van 'n minder voordelige of skadelike alleel daartoe dat dié alleel waarskynlik skaarser word – daar word teen hom geselekteer.[44]
Die fiksheid van 'n alleel is nie 'n vaste eienskap nie: as die omgewing verander, kan voorheen neutrale of skadelike eienskappe voordelig word en voorheen voordelige eienskappe skadelik. Selfs wanneer die rigting van seleksie so omkeer, kan eienskappe wat in die verlede verloor is nie noodwendig in dieselfde vorm weer ontwikkel nie. Die heraktivering van slapende gene kan egter, solank hulle nie uit die genoom verwyder is nie, daartoe lei dat eienskappe wat as verlore beskou is weer verskyn – soos agterbene by dolfyne, tande by hoenders, vlerke by vlerklose stokinsekke en sterte by mense. Sulke terugslae staan as atavismes bekend.[45][46]

Natuurlike seleksie binne 'n bevolking op 'n eienskap wat oor 'n reeks waardes kan wissel, soos liggaamslengte, kan in drie soorte verdeel word. Die eerste is rigtinggewende seleksie, 'n verskuiwing in die gemiddelde waarde van 'n eienskap oor tyd – byvoorbeeld organismes wat stelselmatig langer word. Tweedens is ontwrigtende seleksie seleksie vir uiterste waardes van 'n eienskap, wat dikwels daartoe lei dat twee verskillende waardes die algemeenste word terwyl daar teen die gemiddelde waarde geselekteer word. Ten slotte word daar by stabiliserende seleksie teen uiterste waardes aan albei kante geselekteer, wat die variasie om die gemiddelde waarde verminder.[47][48]
Natuurlike seleksie maak die natuur in die algemeenste sin die maatstaf waarteen individue en individuele eienskappe meer of minder waarskynlik oorleef. "Natuur" verwys hier na 'n ekostelsel, 'n stelsel waarin organismes met elke ander element in hulle plaaslike omgewing – sowel fisies as biologies – in wisselwerking tree. Elke bevolking binne 'n ekostelsel beklee 'n eiesoortige nis met eiesoortige verhoudinge tot ander dele van die stelsel, en dié verhoudinge behels die lewensloop van die organisme, sy plek in die voedselketting en sy geografiese verspreiding.[49]
Natuurlike seleksie kan op verskillende vlakke van organisasie werk – gene, selle, individuele organismes, groepe organismes en spesies – en kan gelyktydig op verskeie vlakke werk. 'n Voorbeeld van seleksie onder die vlak van die individuele organisme is die gene wat transposone genoem word, wat hulleself kan repliseer en deur 'n genoom kan versprei. Seleksie op 'n vlak bo die individu, soos groepseleksie, kan die evolusie van samewerking moontlik maak.[50][51]
Natuurlike seleksie kan onderverdeel word in twee kategorieë:
- Ekologiese seleksie wanneer organismes wat oorleef en voortplant, die frekwensie van hul genetiese materiaal verhoog, in vergelyking met diegene wat nie oorleef nie.
- Seksuele seleksie wanneer organismes meer dikwels teel met lede van die teenoorgestelde geslag op grond van die aantrekking van die teenoorgestelde geslag se fisiese voorkoms, en dus die genetiese frekwensie van daardie voorkoms in die nageslagsgeenpoel verhoog.
Genetiese wegdrywing
[wysig | wysig bron]
Genetiese wegdrywing is die lukrake skommeling van alleelfrekwensies binne 'n bevolking van een geslag na die volgende. Waar seleksiekragte afwesig of betreklik swak is, is dit ewe waarskynlik dat alleelfrekwensies in elke opeenvolgende geslag opwaarts of afwaarts sal dryf, omdat die allele aan steekproeffout onderhewig is. Dié wegdrywing kom tot stilstand wanneer 'n alleel uiteindelik gefikseer word deur óf uit die bevolking te verdwyn óf die ander allele heeltemal te vervang. Genetiese wegdrywing kan dus allele uit 'n bevolking verwyder bloot deur toeval, en selfs in die afwesigheid van seleksiekragte kan dit veroorsaak dat twee afsonderlike bevolkings wat met dieselfde genetiese struktuur begin, in twee uiteenlopende bevolkings met verskillende stelle allele verdeel.[52][53]
Volgens die neutrale teorie van molekulêre evolusie is die meeste evolusionêre veranderinge die gevolg van die fiksasie van neutrale mutasies deur genetiese wegdrywing. Volgens dié model is die meeste genetiese veranderinge in 'n bevolking dus die uitkoms van voortdurende mutasiedruk en genetiese wegdrywing. Hierdie vorm van die neutrale teorie word bevraagteken omdat dit blykbaar nie by sommige van die genetiese variasie in die natuur pas nie; 'n beter ondersteunde weergawe is die byna-neutrale teorie, waarvolgens 'n mutasie wat in 'n klein bevolking effektief neutraal is nie noodwendig in 'n groot bevolking neutraal is nie.[54][55]
Die tyd wat 'n neutrale alleel neem om deur genetiese wegdrywing gefikseer te word, hang van die bevolkingsgrootte af: fiksasie is vinniger in kleiner bevolkings. Dit is nie die getal individue in 'n bevolking wat bepalend is nie, maar 'n maatstaf wat as die effektiewe bevolkingsgrootte bekend staan. Dié is gewoonlik kleiner as die totale bevolking omdat dit faktore soos die vlak van inteling en die stadium van die lewenssiklus waarin die bevolking die kleinste is, in ag neem.[56][57] Dit is gewoonlik moeilik om die relatiewe belang van seleksie en neutrale prosesse te meet, en die vergelykende gewig van aanpassende en nie-aanpassende kragte in evolusionêre verandering is 'n gebied van voortgaande navorsing.[58]
Mutasievooroordeel
[wysig | wysig bron]Mutasievooroordeel word gewoonlik opgevat as 'n verskil in die verwagte tempo's van twee verskillende soorte mutasie, byvoorbeeld 'n vooroordeel ten gunste van transisies bo transversies, of van skrapping bo invoeging. J.B.S. Haldane en Ronald Fisher het aangevoer dat mutasie 'n swak druk is wat maklik deur seleksie oorkom word, en dat neigings in mutasie dus geen uitwerking sou hê nie behalwe onder toestande van neutrale evolusie of buitengewoon hoë mutasietempo's. Dié argument van teenwerkende drukke is lank gebruik om die moontlikheid van interne neigings in evolusie af te wys, totdat die molekulêre era vernieude belangstelling in neutrale evolusie gewek het.[59][60]
Noboru Sueoka en Ernst Freese het voorgestel dat stelselmatige vooroordele in mutasie verantwoordelik kan wees vir stelselmatige verskille in die GC-samestelling van genome tussen spesies, en die identifisering in 1967 van 'n GC-bevooroordeelde mutatorstam van Escherichia coli het die aanneemlikheid van mutasieverklarings vir molekulêre patrone gevestig.[61][62][63] Verskillende vooroordele ten gunste van invoeging teenoor skrapping in verskillende taksa kan tot die evolusie van verskillende genoomgroottes lei. Nuwer werk het getoon dat die oorspronklike "drukke"-teorie veronderstel dat evolusie op bestaande variasie berus: wanneer evolusie van mutasiegebeure afhang wat nuwe allele inbring, kan vooroordele in die inbring van variasie 'n rigting aan evolusie gee sonder dat neutrale evolusie of hoë mutasietempo's nodig is.[60][64]
Genetiese meeryery
[wysig | wysig bron]Rekombinasie laat allele op dieselfde DNS-string van mekaar geskei word, maar die tempo van rekombinasie is laag – ongeveer twee gebeure per chromosoom per geslag. Gene wat naby mekaar op 'n chromosoom lê, word gevolglik nie altyd van mekaar geskei nie en is geneig om saam geërf te word, 'n verskynsel wat koppeling genoem word. 'n Stel allele wat gewoonlik as 'n groep geërf word, word 'n haplotipe genoem. Dit kan van belang wees wanneer een alleel in 'n bepaalde haplotipe sterk voordelig is: natuurlike seleksie kan dan 'n seleksieveegaksie dryf wat veroorsaak dat die ander allele in die haplotipe ook algemener in die bevolking word. Dié uitwerking word genetiese meeryery of genetiese trek genoem.[65][66]
Seksuele seleksie
[wysig | wysig bron]
'n Besondere geval van natuurlike seleksie is seksuele seleksie, wat seleksie is vir enige eienskap wat paringsukses verhoog deur die aantreklikheid van 'n organisme vir moontlike maats te verhoog. Eienskappe wat deur seksuele seleksie ontwikkel het, is veral opvallend onder die mannetjies van verskeie dierespesies. Hoewel hulle seksueel bevoordeel word, lok eienskappe soos onhandige horings, paringsroepe, groot liggaamsgrootte en helder kleure dikwels roofdiere, wat die oorlewing van individuele mannetjies benadeel. Dié oorlewingsnadeel word gebalanseer deur die hoër voortplantingsukses van mannetjies wat sulke moeilik na te maak eienskappe toon.[67][68]
Natuurlike gevolge van evolusie
[wysig | wysig bron]Evolusie beïnvloed elke aspek van die vorm en gedrag van organismes. Die opvallendste is die spesifieke gedrags- en liggaamlike aanpassings wat die uitkoms van natuurlike seleksie is; dié aanpassings verhoog fiksheid deur bedrywighede soos die vind van voedsel, die ontwyking van roofdiere of die aantrek van maats te bevoordeel. Organismes kan ook op seleksie reageer deur met mekaar saam te werk, gewoonlik deur hulle verwante te help of deur onderling voordelige simbiose. Op die langer termyn bring evolusie nuwe spesies voort deur voorouerlike bevolkings in nuwe groepe te verdeel wat nie meer onderling kan of wil teel nie.[69]
Hierdie uitkomste van evolusie word volgens tydskaal as makro-evolusie teenoor mikro-evolusie onderskei. Makro-evolusie verwys na evolusie op of bo die vlak van die spesie, veral spesiasie en uitsterwing, terwyl mikro-evolusie na kleiner evolusionêre veranderinge binne 'n spesie of bevolking verwys, veral verskuiwings in alleelfrekwensie en aanpassing. Makro-evolusie is die uitkoms van lang tydperke van mikro-evolusie, en die onderskeid tussen die twee is dus nie wesenlik nie – die verskil lê bloot in die betrokke tydsduur.[70][71]
'n Algemene wanopvatting is dat evolusie doelwitte, langtermynplanne of 'n ingebore neiging tot "vooruitgang" het. In werklikheid het evolusie geen langtermyndoel nie en bring dit nie noodwendig groter kompleksiteit voort nie. Hoewel komplekse spesies wél ontwikkel het, kom hulle voor as newe-effek van die algemene toename in die aantal organismes, en eenvoudige lewensvorme bly steeds die algemeenste in die biosfeer. Die oorgrote meerderheid spesies is byvoorbeeld mikroskopiese prokariote, wat ongeveer die helfte van die wêreld se biomassa uitmaak ondanks hulle klein grootte. Eenvoudige organismes was dus deur die hele geskiedenis van die aarde die dominante lewensvorm en is dit vandag nog; komplekse lewe lyk net meer verskeie omdat dit meer opvallend is.[72]
Aanpassing
[wysig | wysig bron]
Aanpassing is die proses wat organismes beter geskik maak vir hulle habitat. Die woord kan ook verwys na 'n eienskap wat vir 'n organisme se oorlewing belangrik is, soos die aanpassing van perde se tande om gras te vermaal. Deur die term aanpassing vir die evolusionêre proses en aanpassende eienskap vir die produk daarvan te gebruik, kan die twee betekenisse van die woord onderskei word. Aanpassings word deur natuurlike seleksie voortgebring.[73] Volgens die omskrywings van Theodosius Dobzhansky is aanpassing die evolusionêre proses waardeur 'n organisme beter in staat word om in sy habitat te leef; aangepastheid die toestand van aangepas wees, dus die mate waarin 'n organisme in 'n gegewe stel habitatte kan leef en voortplant; en 'n aanpassende eienskap 'n aspek van die ontwikkelingspatroon van die organisme wat die waarskynlikheid dat dié organisme sal oorleef en voortplant moontlik maak of verhoog.[74]
Aanpassing kan óf die verkryging van 'n nuwe eienskap óf die verlies van 'n voorouerlike eienskap meebring. 'n Voorbeeld wat albei soorte verandering wys, is die aanpassing van bakterieë aan seleksie deur antibiotika, waar genetiese veranderinge weerstandigheid veroorsaak deur die teiken van die middel te verander sowel as deur die werking van pompe wat die middel uit die sel verwyder te versterk. Ander treffende voorbeelde is die bakterie Escherichia coli wat in 'n langtermyn-laboratoriumeksperiment die vermoë ontwikkel het om sitroensuur as voedingstof te gebruik, en die bodembakterie Sphingobium wat 'n heeltemal nuwe metaboliese weg ontwikkel het wat die sintetiese plaagdoder pentachlorofenol afbreek.[75][76]

Aanpassing vind plaas deur die geleidelike wysiging van bestaande strukture. Strukture met 'n soortgelyke interne organisasie kan gevolglik verskillende funksies in verwante organismes vervul, omdat 'n enkele voorouerlike struktuur op verskillende maniere aangepas is. Die bene in die vlerke van vlermuise is byvoorbeeld baie soortgelyk aan dié in die voete van muise en die hande van primate, omdat al hierdie strukture van 'n gemeenskaplike soogdiervoorouer afstam. Aangesien alle lewende organismes tot 'n mate verwant is, kan selfs organe wat min of geen struktuurooreenkoms toon nie – soos die oë van geleedpotiges, tjokkas en gewerweldes – op 'n gemeenskaplike stel homoloë gene steun wat hulle bou en werking beheer; dit word diep homologie genoem.[77][78]
Tydens evolusie kan sommige strukture hulle oorspronklike funksie verloor en oorblyfselstrukture word. Sulke strukture het min of geen funksie in 'n huidige spesie nie, maar het 'n duidelike funksie in voorouerlike of naverwante spesies. Voorbeelde is pseudogene, die niefunksionele oorblyfsels van oë in blinde grotvisse, vlerke by vlieglose voëls, die aanwesigheid van heupbene by walvisse en slange, en geslagseienskappe by organismes wat ongeslagtelik voortplant. Voorbeelde by die mens is die wysheidstande, die stuitjie en die blindederm.[79][80]
Baie eienskappe wat eenvoudige aanpassings lyk, is egter eksaptasies: strukture wat oorspronklik vir een funksie aangepas is maar toevallig vir 'n ander funksie nuttig geword het. Binne selle het molekulêre masjiene soos die bakteriese sweephaartjie en die masjinerie wat proteïene sorteer ontwikkel deurdat verskeie reeds bestaande proteïene wat vroeër ander funksies gehad het, aangewend is. 'n Ander voorbeeld is die aanwending van ensieme uit die glikolise om as struktuurproteïene – die kristalliene – in die lense van organismes se oë te dien.[81][82]
'n Gebied van huidige ondersoek in die evolusionêre ontwikkelingsbiologie is die ontwikkelingsgrondslag van aanpassings en eksaptasies. Dié navorsing het getoon dat evolusie ontwikkeling kan verander om nuwe strukture voort te bring, soos embrionale beenstrukture wat by ander diere die kakebeen vorm maar by soogdiere deel van die middeloor word. Dit is ook moontlik dat strukture wat in die loop van evolusie verlore geraak het weer verskyn as gevolg van veranderinge in ontwikkelingsgene, soos 'n mutasie by hoenders wat embrio's tande soos dié van krokodille laat groei.[83]
Koevolusie
[wysig | wysig bron]
Wisselwerkings tussen organismes kan sowel konflik as samewerking voortbring. Wanneer die wisselwerking tussen pare spesies is – soos 'n siektewekker en 'n gasheer, of 'n roofdier en sy prooi – kan dié spesies ooreenstemmende stelle aanpassings ontwikkel: die evolusie van die een spesie veroorsaak aanpassings in die tweede, en daardie veranderinge veroorsaak op hulle beurt nuwe aanpassings in die eerste. Hierdie kringloop van seleksie en reaksie word koevolusie genoem. 'n Voorbeeld is die produksie van tetrodotoksien in die ruwevelsalamander en die ontwikkeling van weerstand teen tetrodotoksien in sy roofdier, die gewone kousbandslang. In hierdie roofdier-prooipaar het 'n evolusionêre wapenwedloop hoë vlakke van gif in die salamander en ooreenstemmend hoë vlakke van gifweerstand in die slang voortgebring.[84]
Samewerking
[wysig | wysig bron]Nie alle gekoëvolueerde wisselwerkings tussen spesies behels konflik nie: baie gevalle van onderling voordelige wisselwerking het ontwikkel. Daar bestaan byvoorbeeld 'n uiterste vorm van samewerking tussen plante en die mikorrisa-swamme wat op hulle wortels groei en die plant help om voedingstowwe uit die grond op te neem. Dit is 'n wederkerige verhouding, want die plante verskaf sukkers uit fotosintese aan die swamme. Die swamme groei binne die plantselle, wat hulle in staat stel om voedingstowwe met hulle gashere uit te ruil terwyl hulle seine stuur wat die plant se immuunstelsel onderdruk.
Bondgenootskappe tussen organismes van dieselfde spesie het ook ontwikkel. 'n Uiterste geval is die eusosialiteit van die sosiale insekte soos bye, termiete en miere, waar onvrugbare insekte die klein aantal organismes in 'n kolonie wat wel kan voortplant, voer en bewaak. Op nog kleiner skaal beperk die liggaamselle wat 'n dier se liggaam uitmaak hulle eie voortplanting sodat hulle 'n stabiele organisme kan handhaaf, wat dan 'n klein aantal geslagselle onderhou om nageslag voort te bring. Wanneer selle die seine wat hulle groei reël ignoreer en onbehoorlik vermeerder, veroorsaak hulle onbeheerde groei kanker.[85]
Sulke samewerking binne spesies het moontlik deur die proses van verwantskapseleksie ontwikkel, waar een organisme optree om 'n verwante se nageslag groot te maak. Dié gedrag word bevoordeel omdat, indien die helpende individu allele bevat wat die helpgedrag bevorder, sy verwante waarskynlik óók daardie allele bevat en dié allele dus oorgedra sal word. Ander prosesse wat samewerking kan bevorder, sluit groepseleksie in, waar samewerking voordele vir 'n groep organismes inhou.[86][87]
Spesiasie
[wysig | wysig bron]
Spesiasie is die proses waardeur 'n spesie in twee of meer afstammelingspesies verdeel.[88]
Daar is verskeie maniere om die begrip "spesie" te omskryf, en die keuse van 'n definisie hang van die besonderhede van die betrokke spesie af: sommige spesiebegrippe pas beter op geslagtelik voortplantende organismes en ander beter op ongeslagtelike organismes. Ondanks die verskeidenheid spesiebegrippe kan hulle in een van drie breë filosofiese benaderings geplaas word: onderlinge teling, ekologies en filogeneties. Die biologiese spesiebegrip, wat die evolusiebioloog Ernst Mayr in 1942 omskryf het, is 'n klassieke voorbeeld van die eerste benadering: "spesies is groepe van werklik of potensieel onderling telende natuurlike bevolkings wat voortplantingsgewys van ander sulke groepe geïsoleer is". Ondanks die wye en langdurige gebruik daarvan is dié begrip, soos ander spesiebegrippe, nie sonder omstredenheid nie – onder meer omdat genetiese rekombinasie onder prokariote nie 'n wesenlike deel van voortplanting is nie.[89][90][91]
Voortplantingsversperrings tussen twee uiteenlopende geslagtelike bevolkings is nodig voordat die bevolkings nuwe spesies kan word, en geenvloei kan dié proses vertraag deur die nuwe genetiese variante ook na die ander bevolkings te versprei. Afhangende van hoe ver twee spesies sedert hulle jongste gemeenskaplike voorouer uiteengeloop het, kan dit steeds vir hulle moontlik wees om nageslag voort te bring, soos wanneer perde en donkies paar om muile voort te bring. Sulke basters is oor die algemeen onvrugbaar; in so 'n geval kan naverwante spesies gereeld onderling teel, maar daar word teen die basters geselekteer en die spesies bly onderskeibaar. Lewensvatbare basters word egter soms gevorm, en dié nuwe spesies kan eienskappe tussen dié van hulle ouerspesies hê of 'n heeltemal nuwe fenotipe besit.[92][93]
Spesiasie is verskeie kere sowel onder beheerde laboratoriumtoestande as in die natuur waargeneem. By geslagtelik voortplantende organismes volg spesiasie op voortplantingsisolasie en daarna genealogiese uiteenloping. Daar is vier hoofsaaklike geografiese wyses van spesiasie. Die algemeenste onder diere is allopatriese spesiasie, wat voorkom in bevolkings wat aanvanklik geografies geïsoleer is, byvoorbeeld deur habitatverbrokkeling of migrasie. Seleksie onder sulke toestande kan baie vinnige veranderinge in die voorkoms en gedrag van organismes voortbring, en aangesien seleksie en wegdrywing onafhanklik op geïsoleerde bevolkings werk, kan die skeiding uiteindelik organismes lewer wat nie onderling kan teel nie.
Die tweede wyse is peripatriese spesiasie, wat voorkom wanneer klein bevolkings organismes in 'n nuwe omgewing geïsoleer word. Dit verskil van allopatriese spesiasie deurdat die geïsoleerde bevolkings getalsgewys veel kleiner as die ouerbevolking is; hier veroorsaak die stigtereffek vinnige spesiasie nadat toenemende inteling die seleksie op homosigote verhoog.[94]
Die derde wyse is parapatriese spesiasie. Dit is soortgelyk aan peripatriese spesiasie deurdat 'n klein bevolking 'n nuwe habitat betree, maar verskil deurdat daar geen fisiese skeiding tussen die twee bevolkings is nie: spesiasie volg eerder uit die ontwikkeling van meganismes wat die geenvloei tussen die twee bevolkings verminder. Een voorbeeld is die gras Anthoxanthum odoratum, wat parapatriese spesiasie kan ondergaan in reaksie op plaaslike metaalbesoedeling van myne. Hier ontwikkel plante wat weerstand teen hoë vlakke metale in die grond het, en seleksie teen kruisteling met die metaalsensitiewe ouerbevolking het 'n geleidelike verandering in die blomtyd van die metaalweerstandige plante meegebring wat uiteindelik volledige voortplantingsisolasie voortgebring het.[95][88]

Ten slotte loop spesies by simpatriese spesiasie uiteen sonder geografiese isolasie of veranderinge in habitat. Dié vorm is skaars, want selfs 'n klein hoeveelheid geenvloei kan genetiese verskille tussen dele van 'n bevolking verwyder. Een soort simpatriese spesiasie behels die kruisteling van twee verwante spesies om 'n nuwe basterspesie voort te bring. Dit is nie algemeen by diere nie, omdat dierebasters gewoonlik steriel is: tydens meiose kom die homoloë chromosome van elke ouer van verskillende spesies en kan hulle nie suksesvol paar nie. Dit is egter algemener by plante, omdat plante dikwels hulle aantal chromosome verdubbel om poliploïede te vorm, wat die chromosome van elke ouerspesie in staat stel om tydens meiose ooreenstemmende pare te vorm. 'n Voorbeeld van so 'n spesiasiegebeurtenis is toe die plantspesies Arabidopsis thaliana en Arabidopsis arenosa gekruis het om die nuwe spesie Arabidopsis suecica voort te bring, sowat 20 000 jaar gelede; die proses is in die laboratorium herhaal.[96][97]
Spesiasiegebeurtenisse is belangrik in die teorie van onderbroke ewewig, wat die patroon in die fossielrekord verklaar van kort "uitbarstings" van evolusie afgewissel met betreklik lang tydperke van stilstand waarin spesies feitlik onveranderd bly. Volgens dié teorie is spesiasie en vinnige evolusie aan mekaar verbonde, met natuurlike seleksie en genetiese wegdrywing wat die sterkste werk op organismes wat spesiasie in nuwe habitatte of klein bevolkings ondergaan.[98][99]
Uitsterwing
[wysig | wysig bron]
Uitsterwing is die verdwyning van 'n hele spesie. Uitsterwing is nie 'n ongewone gebeurtenis nie, aangesien spesies gereeld deur spesiasie verskyn en deur uitsterwing verdwyn. Byna al die dier- en plantspesies wat op die aarde geleef het, is nou uitgestorwe, en uitsterwing blyk die uiteindelike lot van alle spesies te wees. Hierdie uitsterwings het deurlopend deur die geskiedenis van die lewe plaasgevind, hoewel die tempo van uitsterwing tydens sporadiese massa-uitsterwings skerp styg. Die Kryt–Paleogeen-uitsterwing, waarin die nie-voëlagtige dinosourusse uitgesterf het, is die bekendste, maar die vroeëre Perm–Trias-uitsterwing was nog erger: ongeveer 96% van alle mariene spesies is uitgewis. Die huidige uitsterwingtempo's is 100 tot 1 000 keer hoër as die agtergrondtempo, en tot 30% van die huidige spesies kan teen die middel van die 21ste eeu uitgesterf wees. Menslike bedrywighede is nou die hoofoorsaak van die voortgaande uitsterwingsgebeurtenis.[100][101][102]
Die rol van uitsterwing in evolusie word nie goed verstaan nie en hang moontlik af van watter soort uitsterwing beskou word. Die oorsake van die deurlopende uitsterwings op "lae vlak", wat die meerderheid van alle uitsterwings uitmaak, kan die gevolg wees van mededinging tussen spesies om beperkte hulpbronne. As een spesie 'n ander kan uitstof, kan dit spesieseleksie voortbring, met die fikser spesie wat oorleef en die ander wat uitsterf. Die sporadiese massa-uitsterwings is ook belangrik, maar in plaas daarvan om as 'n seleksiekrag op te tree, verminder hulle die verskeidenheid drasties op 'n niespesifieke wyse en bevorder hulle uitbarstings van vinnige evolusie en spesiasie onder die oorlewendes.[100][101]
Getuienis ter ondersteuning van evolusie
[wysig | wysig bron]Morfologies
[wysig | wysig bron]- Die teenwoordigheid van fossielgetuienis verskaf 'n geleentheid vir die absolute bevestiging van die ouderdom van uitgestorwe spesies, deur middel van radiometriese datering.
- Paleontoloë kan evolusie ondersoek deur ontleding van fossielgetuienis, soos dié in die ryk fossielteenwoordigheid van die Burgess-skalie.[103]
- Filogenetika het aangetoon dat strukture met 'n soortgelyke interne organisasie, in verskillende spesies uiteenlopende funksies mag vervul.
Genetiese volgordebepaling
[wysig | wysig bron]Organismes wat filogeneties naby aan mekaar is, het 'n hoër mate van soortgelyke genetiese volgordereekse as dié wat filogeneties verder van mekaar is. Só is die mens se DNS-volgordereeks slegs 1,2% uiteenlopend van die sjimpansee, 1,6% van die gorilla en 6,6% van die bobbejaan.[104]
Komplekse gedurige herhalings
[wysig | wysig bron]Die ontwikkeling van kragtige genoeg rekenaarprogramme het die studie van die herhaling van selfveranderende komplekse sisteme moontlik gemaak. Sodoende kon 'n wiskundig-presiese begrip van die aard van die prosesse van evolusie tot stand kom. Rekenaarnabootsings van die evolusie van lineêre volgordebepalings het byvoorbeeld bewys dat die herkombinasie van blokke volgreekse belangriker is as die ontwikkeling veroorsaak deur mutasie op 'n spesifieke plek. [105]
Die meidoringvlieg
[wysig | wysig bron]Rhagoletis pomonella, 'n soort vrugtevlieg, is 'n spesie wat bewys dat evolusie vandag steeds voortgaan en wetenskaplik waarneembaar is. In die 19de eeu, nadat appels Amerika binnegebring is, het 'n nuwe bevolking vlieë spontaan vanuit die meidoringvliegspesie ontstaan: dié vlieë het slegs appels begin besmet en nie meer meidoringvrugte nie. Die twee vorme teel ook nie juis meer onderling nie.[106]
Gemeenskaplike afkoms
[wysig | wysig bron]
Alle organismes op aarde stam van 'n gemeenskaplike voorouer of voorouerlike geenpoel af. Huidige spesies is 'n stadium in die proses van evolusie, en hulle verskeidenheid is die produk van 'n lang reeks spesiasie- en uitsterwingsgebeurtenisse. Die gemeenskaplike afkoms van organismes is eerste uit vier eenvoudige feite afgelei: eerstens dat organismes geografiese verspreidings het wat nie deur plaaslike aanpassing verklaar kan word nie; tweedens dat die verskeidenheid van die lewe nie 'n stel volkome unieke organismes is nie, maar organismes wat morfologiese ooreenkomste deel; derdens dat oorblyfseleienskappe sonder 'n duidelike doel op funksionele voorouerlike eienskappe lyk; en vierdens dat organismes met behulp van hierdie ooreenkomste in 'n hiërargie van geneste groepe geklassifiseer kan word, soos 'n stamboom.[107][108]
Weens horisontale geenoordrag is hierdie "lewensboom" moontlik ingewikkelder as 'n eenvoudige takkende boom, aangesien sommige gene onafhanklik tussen ver verwante spesies versprei het. Om dié en ander probleme op te los, verkies sommige skrywers om die "koraal van die lewe" as metafoor of as wiskundige model vir die evolusie van die lewe te gebruik.[109]
Vroeëre spesies het ook rekords van hulle evolusionêre geskiedenis nagelaat. Fossiele, saam met die vergelykende anatomie van hedendaagse organismes, vorm die morfologiese of anatomiese rekord, en deur die anatomie van sowel moderne as uitgestorwe spesies te vergelyk kan paleontoloë die afstammingslyne van daardie spesies aflei. Dié benadering werk egter die beste vir organismes met harde liggaamsdele soos skulpe, bene of tande; aangesien prokariote soos bakterieë en argeae 'n beperkte stel gemeenskaplike vorme deel, verskaf hulle fossiele nie inligting oor hulle afkoms nie.[110]
Getuienis vir gemeenskaplike afkoms kom in later jare ook uit die studie van biochemiese ooreenkomste tussen organismes. Alle lewende selle gebruik byvoorbeeld dieselfde basiese stel nukleotiede en aminosure. Die ontwikkeling van die molekulêre genetika het die rekord van evolusie blootgelê wat in organismes se genome opgeteken is: die datering van wanneer spesies uiteengeloop het deur middel van die molekulêre klok wat deur mutasies voortgebring word. Sulke vergelykings van DNS-volgordes het byvoorbeeld getoon dat mense en sjimpansees 98% van hulle genome deel, en die ontleding van die enkele gebiede waar hulle verskil, help om lig te werp op wanneer die gemeenskaplike voorouer van dié spesies geleef het.[111][112]
Evolusionêre geskiedenis van die lewe
[wysig | wysig bron]Die ontstaan van die lewe
[wysig | wysig bron]Die aarde is ongeveer 4,54 miljard jaar oud. Die vroegste onbetwiste bewyse van lewe op aarde dateer uit minstens 3,5 miljard jaar gelede, gedurende die Eoargeïese era nadat 'n geologiese kors begin verhard het ná die vroeëre gesmelte Hadeïese eon. Fossiele van mikrobiese matte is in 3,48 miljard jaar oue sandsteen in Wes-Australië gevind, en ander vroeë fisiese bewyse van 'n biogeniese stof is grafiet in 3,7 miljard jaar oue metasedimentêre gesteentes in Wes-Groenland. In Julie 2016 het wetenskaplikes berig dat hulle 'n stel van 355 gene van die laaste universele gemeenskaplike voorouer van alle organismes op aarde geïdentifiseer het.[113][114]
Meer as 99% van alle spesies wat ooit op aarde geleef het – meer as vyf miljard spesies – is na skatting uitgestorwe. Skattings van die aantal huidige spesies op aarde wissel tussen 10 miljoen en 14 miljoen, waarvan ongeveer 1,9 miljoen na skatting benoem is en 1,6 miljoen tot op datum in 'n sentrale databasis gedokumenteer is, wat beteken dat minstens 80% nog nie beskryf is nie.[2][3]
Hoogs energieke chemie het vermoedelik sowat 4 miljard jaar gelede 'n selfreplikerende molekule voortgebring, en 'n halfmiljard jaar later het die laaste gemeenskaplike voorouer van alle lewe bestaan. Die huidige wetenskaplike konsensus is dat die komplekse biochemie waaruit die lewe bestaan uit eenvoudiger chemiese reaksies ontstaan het, en dat die begin van die lewe selfreplikerende molekules soos RNS en die samestelling van eenvoudige selle kon insluit.[115][116]
Die verloop van die evolusie
[wysig | wysig bron]Prokariote het die aarde van omtrent 3 tot 4 miljard jaar gelede bewoon, en geen ooglopende veranderinge in hulle vorm of selorganisasie het oor die volgende paar miljard jaar plaasgevind nie. Die eukariotiese selle het tussen 1,6 en 2,7 miljard jaar gelede ontstaan. Die volgende groot verandering in selstruktuur het gekom toe bakterieë deur eukariotiese selle ingesluk is, in 'n samewerkende verbintenis wat endosimbiose genoem word; die ingeslukte bakterieë en die gasheersel het toe gekoëvolueer, met die bakterieë wat in mitochondria of hidrogenosome ontwikkel het. 'n Verdere insluking van sianobakterie-agtige organismes het tot die vorming van chloroplaste in alge en plante gelei.[117]
Die geskiedenis van die lewe was dié van eensellige eukariote, prokariote en argeae tot ongeveer 1,7 miljard jaar gelede, toe veelsellige organismes met gedifferensieerde selle wat gespesialiseerde funksies verrig begin verskyn het. Die evolusie van veelselligheid het in verskeie onafhanklike gebeurtenisse plaasgevind, in organismes so uiteenlopend soos sponse, bruinalge, sianobakterieë, slymswamme en miksobakterieë.[118][119]
Ongeveer 538,8 miljoen jaar gelede het 'n merkwaardige hoeveelheid biologiese verskeidenheid oor 'n tydperk van sowat 10 miljoen jaar verskyn, in wat die Kambriese ontploffing genoem word. Die meerderheid van die soorte moderne diere het hier in die fossielrekord verskyn, sowel as unieke afstammingslyne wat later uitgesterf het. Verskeie aanleidings tot die Kambriese ontploffing is voorgestel, waaronder die versameling van suurstof in die atmosfeer deur fotosintese.[120]
Sowat 500 miljoen jaar gelede het plante en swamme die land gekoloniseer, kort daarna gevolg deur geleedpotiges en ander diere. Insekte was besonder suksesvol en maak vandag nog die meerderheid van alle dierespesies uit. Amfibieë het omtrent 364 miljoen jaar gelede die eerste keer verskyn, gevolg deur vroeë amniote en voëls sowat 155 miljoen jaar gelede, soogdiere sowat 129 miljoen jaar gelede, die Homininae sowat 10 miljoen jaar gelede en die moderne mens sowat 250 000 jaar gelede. Ondanks die evolusie van hierdie groot diere bly kleiner organismes soortgelyk aan dié wat vroeg in die proses ontwikkel het steeds hoogs suksesvol en oorheers hulle die aarde, met die meerderheid van sowel die biomassa as die spesies wat prokariote is.[121][122]
Toepassings
[wysig | wysig bron]Begrippe en modelle wat in die evolusiebiologie gebruik word, soos natuurlike seleksie, het talle toepassings.[123]
Kunsmatige seleksie is die doelbewuste seleksie van eienskappe in 'n bevolking organismes. Dit is al duisende jare lank in die domestikasie van plante en diere gebruik. In later jare het sulke seleksie 'n noodsaaklike deel van genetiese ingenieurswese geword, waar merkers soos gene vir antibiotiese weerstandigheid gebruik word om DNS te manipuleer. Proteïene met waardevolle eienskappe – soos gewysigde ensieme en nuwe teenliggame – is deur herhaalde rondtes van mutasie en seleksie ontwikkel in 'n proses wat gerigte evolusie genoem word.[124][125]
Insig in die veranderinge wat tydens 'n organisme se evolusie plaasgevind het, kan die gene blootlê wat nodig is om liggaamsdele te bou – gene wat by menslike genetiese afwykings betrokke kan wees. Die Mexikaanse tetra is byvoorbeeld 'n albinogrotvis wat sy sig in die loop van evolusie verloor het; die kruisteling van verskillende bevolkings van dié blinde vis het party nageslag met funksionele oë gelewer, omdat verskillende mutasies in die geïsoleerde bevolkings voorgekom het wat in verskillende grotte ontwikkel het. Dit het gehelp om die gene te identifiseer wat vir sig en pigmentering nodig is.[126]
Die evolusieteorie het talle toepassings in die geneeskunde. Baie menslike siektes is nie statiese verskynsels nie maar in staat om te evolueer: virusse, bakterieë, swamme en kankers ontwikkel weerstand teen die gasheer se immuunverdediging sowel as teen medisyne. Dieselfde probleme kom in die landbou voor met weerstand teen plaagdoders en onkruiddoders.[127][128]
In die rekenaarwetenskap het nabootsings van evolusie met behulp van evolusionêre algoritmes en kunsmatige lewe in die 1960's begin en is dit later met die nabootsing van kunsmatige seleksie uitgebrei. Kunsmatige evolusie het 'n wyd erkende optimeringsmetode geword as gevolg van die werk van Ingo Rechenberg in die 1960's, wat evolusiestrategieë gebruik het om komplekse ingenieursprobleme op te los. Genetiese algoritmes het veral deur die geskrifte van John Henry Holland gewild geword. Praktiese toepassings sluit ook die outomatiese evolusie van rekenaarprogramme in, en evolusionêre algoritmes word nou gebruik om meerdimensionele probleme doeltreffender op te los as programmatuur wat deur menslike ontwerpers geskep is.[129][130][131]
Geskiedenis van die evolusiegedagte
[wysig | wysig bron]
Klassieke oudheid
[wysig | wysig bron]Die voorstel dat een soort organisme uit 'n ander soort kon afstam, gaan terug tot sommige van die eerste voor-Sokratiese Griekse filosowe, soos Anaximander en Empedokles. Sulke voorstelle het tot in die Romeinse tyd oorleef: die digter en filosoof Lucretius het Empedokles in sy meesterwerk De rerum natura ("Oor die aard van dinge") gevolg.[132][133]
Middeleeue
[wysig | wysig bron]Teenoor hierdie materialistiese sienings het die Aristotelisme alle natuurlike dinge as verwesenlikings van vaste natuurlike moontlikhede, bekend as vorme, beskou. Dit het deel geword van 'n middeleeuse teleologiese begrip van die natuur waarin alle dinge 'n beoogde rol in 'n goddelike kosmiese orde speel. Variasies op dié gedagte het die standaardbegrip van die Middeleeue geword en is in die Christelike leer opgeneem, maar Aristoteles het nie geëis dat werklike soorte organismes altyd een-tot-een met presiese metafisiese vorme moes ooreenstem nie en het spesifiek voorbeelde gegee van hoe nuwe soorte lewende dinge kon ontstaan.[134][135][136]
'n Aantal Arabiese Moslemgeleerdes het oor evolusie geskryf, veral Ibn Chaldoen, wat in 1377 die boek Muqaddimah geskryf het waarin hy beweer het dat die mens uit "die wêreld van die ape" ontwikkel het in 'n proses waardeur "spesies talryker word".[137]
Voor Darwin
[wysig | wysig bron]Die Wetenskaplike Revolusie van die 17de eeu het die Aristoteliese benadering verwerp. Dit het gepoog om natuurverskynsels te verklaar in terme van fisiese wette wat vir alle sigbare dinge dieselfde is en wat nie die bestaan van vaste natuurlike kategorieë of 'n goddelike kosmiese orde vereis nie. Dié nuwe benadering het egter stadig in die biologiese wetenskappe wortelgeskiet. John Ray het een van die vroeër algemener terme vir vaste natuurlike soorte, "spesie", op plant- en diersoorte toegepas, maar hy het elke soort lewende ding streng as 'n spesie geïdentifiseer en voorgestel dat elke spesie omskryf kan word deur die kenmerke wat hulle van geslag tot geslag voortsit. Die biologiese klassifikasie wat Carolus Linnaeus in 1735 ingevoer het, het die hiërargiese aard van spesieverwantskappe uitdruklik erken, maar spesies steeds as vas volgens 'n goddelike plan beskou.[138]
Ander natuurkundiges van dié tyd het oor die evolusionêre verandering van spesies volgens natuurwette bespiegel. Pierre Louis Maupertuis het in 1751 geskryf oor natuurlike wysigings wat tydens voortplanting voorkom en oor baie geslagte versamel om nuwe spesies voort te bring. Georges-Louis Leclerc, graaf van Buffon, het voorgestel dat spesies in verskillende organismes kon degenereer, en Erasmus Darwin het voorgestel dat alle warmbloedige diere van 'n enkele mikro-organisme kon afstam. Die eerste volwaardige evolusionêre skema was Jean-Baptiste Lamarck se "transmutasie"-teorie van 1809, wat voorsien het dat spontane generasie voortdurend eenvoudige lewensvorme voortbring wat in parallelle afstammingslyne met 'n inherente progressiewe neiging groter kompleksiteit ontwikkel, en wat gestel het dat dié lyne op plaaslike vlak by die omgewing aanpas deur veranderinge te erf wat deur die gebruik of niegebruik daarvan in die ouers veroorsaak is. Dié laaste proses is later Lamarckisme genoem. Hierdie idees is deur die gevestigde natuurkundiges as bespiegeling sonder empiriese steun veroordeel; Georges Cuvier het in besonder daarop aangedring dat spesies onverwant en vas is en dat hulle ooreenkomste 'n goddelike ontwerp vir funksionele behoeftes weerspieël. Intussen is Ray se gedagtes van welwillende ontwerp deur William Paley in Natural Theology (1802) uitgewerk, wat komplekse aanpassings as bewys van goddelike ontwerp voorgehou het en wat deur Charles Darwin bewonder is.[139][140]
Die Darwinistiese omwenteling
[wysig | wysig bron]
Die beslissende breuk met die begrip van konstante tipologiese klasse in die biologie het gekom met die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie, wat deur Charles Darwin en Alfred Wallace in terme van veranderlike bevolkings geformuleer is. Darwin het die uitdrukking afstamming met wysiging eerder as evolusie gebruik. Gedeeltelik onder die invloed van An Essay on the Principle of Population (1798) van Thomas Robert Malthus het Darwin opgemerk dat bevolkingsgroei tot 'n "stryd om die bestaan" sou lei waarin gunstige variasies die oorhand kry terwyl ander ondergaan. In elke geslag oorleef baie nageslag nie tot 'n voortplantbare ouderdom nie weens beperkte hulpbronne. Dit kon die verskeidenheid van plante en diere uit 'n gemeenskaplike afkoms verklaar deur die werking van natuurwette op dieselfde wyse vir alle soorte organismes.[141][142]
Darwin het sy teorie van "natuurlike seleksie" van 1838 af ontwikkel en was aan sy "groot boek" oor die onderwerp besig toe Alfred Russel Wallace hom in 1858 'n weergawe van feitlik dieselfde teorie gestuur het. Hulle afsonderlike referate is saam by 'n vergadering van die Linnean Society of London in 1858 voorgelees. Aan die einde van 1859 het Darwin se publikasie van sy "uittreksel" as Die oorsprong van spesies natuurlike seleksie in besonderhede verduidelik op 'n wyse wat tot 'n toenemend wye aanvaarding van Darwin se opvattings van evolusie gelei het, ten koste van alternatiewe teorieë. Thomas Henry Huxley het Darwin se idees op die mens toegepas en met behulp van die paleontologie en vergelykende anatomie sterk getuienis verskaf dat mense en ape 'n gemeenskaplike afkoms deel. Party mense was hierdeur ontsteld, aangesien dit geïmpliseer het dat die mens nie 'n besondere plek in die heelal het nie.[139][143]
Othniel C. Marsh, Amerika se eerste paleontoloog, was die eerste wat vaste fossielgetuienis ter ondersteuning van Darwin se evolusieteorie verskaf het deur die voorouers van die moderne perd op te grawe. In 1877 het Marsh 'n baie invloedryke toespraak by die jaarvergadering van die American Association for the Advancement of Science gelewer waarin hy vir die eerste keer die evolusie van gewerweldes van visse tot die mens nagespoor het. In 1880 het hy die wetenskaplike wêreld se aandag getrek met die publikasie van Odontornithes, wat sy ontdekkings van voëls met tande ingesluit het; dié skelette het gehelp om die gaping tussen dinosourusse en voëls te oorbrug. Darwin het aan Marsh geskryf: "U werk oor hierdie ou voëls en oor die vele fossieldiere van Noord-Amerika het die beste steun aan die evolusieteorie gebied wat in die afgelope 20 jaar verskyn het."[144]
Pangenese en oorerflikheid
[wysig | wysig bron]Die meganismes van voortplantingsoorerflikheid en die oorsprong van nuwe eienskappe het 'n raaisel gebly, en Darwin het met dié doel sy voorlopige teorie van pangenese ontwikkel. In 1865 het Gregor Mendel berig dat eienskappe op 'n voorspelbare wyse deur die onafhanklike verdeling en segregasie van elemente – later gene genoem – geërf word, en Mendel se wette van oorerwing het uiteindelik die grootste deel van Darwin se pangeneseteorie verdring. August Weismann het die belangrike onderskeid getref tussen geslagselle wat gamete voortbring en die liggaamselle van die liggaam, en het aangetoon dat oorerflikheid slegs deur die geslagslyn beweeg. Hugo de Vries het Darwin se pangeneseteorie met Weismann se onderskeid verbind en voorgestel dat Darwin se pangene in die selkern gekonsentreer is. Om te verklaar hoe nuwe variante ontstaan, het De Vries 'n mutasieteorie ontwikkel wat tot 'n tydelike skeuring gelei het tussen dié wat Darwinistiese evolusie aanvaar het en die biometrici wat by De Vries aangesluit het. In die 1930's het pioniers op die gebied van die bevolkingsgenetika, soos Ronald Fisher, Sewall Wright en J.B.S. Haldane, die grondslae van evolusie op 'n stewige statistiese filosofie geplaas, en die valse teenstelling tussen Darwin se teorie, genetiese mutasies en Mendeliaanse oorerwing is so besleg.[145][16][146]
Die vestiging van die moderne sintese
[wysig | wysig bron]In die 1920's en 1930's het die moderne sintese natuurlike seleksie en die bevolkingsgenetika, op die grondslag van Mendeliaanse oorerwing, in 'n verenigde teorie saamgebring wat lukrake genetiese wegdrywing, mutasie en geenvloei ingesluit het. Hierdie nuwe weergawe van die evolusieteorie het op veranderinge in alleelfrekwensies in bevolkings gekonsentreer en het patrone wat oor spesies in bevolkings waargeneem is verklaar, sowel as fossieloorgange in die paleontologie.[146]
Verdere sinteses
[wysig | wysig bron]Sedertdien het verdere sinteses die verklarende krag van evolusie in die lig van talle ontdekkings uitgebrei om biologiese verskynsels oor die hele biologiese hiërargie, van gene tot bevolkings, te dek.[147]
Die publikasie van die struktuur van DNS deur James Watson en Francis Crick, met 'n bydrae van Rosalind Franklin, in 1953 het 'n fisiese meganisme vir oorerwing aangetoon. Die molekulêre biologie het die begrip van die verhouding tussen genotipe en fenotipe verbeter, en vordering is ook gemaak met die filogenetiese sistematiek, wat die oorgang van eienskappe in 'n vergelykende en toetsbare raamwerk plaas deur die publikasie en gebruik van evolusionêre bome. In 1973 het die evolusiebioloog Theodosius Dobzhansky geskryf dat "niks in die biologie sin maak behalwe in die lig van evolusie nie", omdat dit die verband blootgelê het tussen wat eers onsamehangende feite in die natuurgeskiedenis gelyk het.[17][148]
Een uitbreiding, bekend as die evolusionêre ontwikkelingsbiologie en informeel "evo-devo" genoem, beklemtoon hoe veranderinge tussen geslagte inwerk op patrone van verandering binne individuele organismes. Sedert die begin van die 21ste eeu pleit sommige bioloë vir 'n uitgebreide evolusionêre sintese wat rekening sou hou met die uitwerking van nie-genetiese wyses van oorerwing soos epigenetika, ouerlike effekte, ekologiese oorerwing en kulturele oorerwing.[149][150]
Maatskaplike en kulturele reaksies
[wysig | wysig bron]
In die 19de eeu, veral ná die publikasie van Die oorsprong van spesies in 1859, was die gedagte dat die lewe ontwikkel het 'n lewendige bron van akademiese debat wat om die filosofiese, maatskaplike en godsdienstige implikasies van evolusie gedraai het. Vandag word die moderne evolusionêre sintese deur die oorgrote meerderheid wetenskaplikes aanvaar, maar evolusie bly vir sommige gelowiges 'n omstrede begrip.[149]
Terwyl verskeie godsdienste en denominasies hulle oortuigings met evolusie versoen het deur begrippe soos teïstiese evolusie, is daar kreasioniste wat glo dat evolusie deur die skeppingsverhale in hulle godsdienste weerspreek word en wat verskillende besware teen evolusie opper. Soos die reaksies op die publikasie van Vestiges of the Natural History of Creation in 1844 getoon het, is die omstredenste aspek van die evolusiebiologie die implikasie van menslike evolusie dat die mens 'n gemeenskaplike afkoms met die ape deel en dat die geestelike en morele vermoëns van die mensdom dieselfde soorte natuurlike oorsake het as ander oorerflike eienskappe by diere. In sommige lande, veral die Verenigde State, het dié spanning tussen wetenskap en godsdiens die huidige skepping–evolusie-onenigheid gevoed, 'n godsdienstige konflik wat op die politiek en die openbare onderwys gerig is.
Die onderrig van evolusie in Amerikaanse hoërskole se biologieklasse was gedurende die grootste deel van die eerste helfte van die 20ste eeu ongewoon. Die uitspraak in die Scopes-verhoor van 1925 het veroorsaak dat die onderwerp vir 'n geslag baie skaars in Amerikaanse hoërskoolbiologiehandboeke geword het, maar dit is later geleidelik weer ingevoer en het met die uitspraak in Epperson v. Arkansas (1968) regtens beskerm geword. Sedertdien is die mededingende godsdienstige oortuiging van die kreasionisme in verskeie uitsprake in die 1970's en 1980's uit hoërskoolleerplanne verban, maar dit het in pseudowetenskaplike vorm as intelligente ontwerp teruggekeer, om in die saak Kitzmiller v. Dover Area School District (2005) weer eens uitgesluit te word. Die debat oor Darwin se idees het nie beduidende omstredenheid in China veroorsaak nie.[151][152]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hall en Hallgrímsson (2008), bl. 3–6.
- 1 2 McKinney (1997), bl. 110.
- 1 2 Chapman (2009).
- ↑ "Die rooilys van bedreigde spesies". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2006. Besoek op 27 Mei 2006.
- 1 2 Darwin (1859), hfst. XIV.
- ↑ Futuyma en Kirkpatrick (2017), bl. 3–26.
- ↑ "Hoe om evolusie te verstaan", Universiteit van Kalifornië, Berkeley, by http://evolution.berkeley.edu/evolibrary/article/0_0_0/evo_17 en http://evolution.berkeley.edu/evolibrary/article/0_0_0/evo_16.
- ↑ Schopf, J. William; Kudryavtsev, Anatoliy B.; Czaja, Andrew D. (2007). "Evidence of Archean life: Stromatolites and microfossils". Precambrian Research (in Engels). 158 (3-4): 141-155. doi:10.1016/j.precamres.2007.04.009.
- ↑ Ohtomo, Yoko; Kakegawa, Takeshi; Ishida, Akizumi (2014). "Evidence for biogenic graphite in early Archaean Isua metasedimentary rocks". Nature Geoscience (in Engels). 7 (1): 25-28. doi:10.1038/ngeo2025.
- ↑ Futuyma, Douglas J., red. (1999). "Evolution, Science, and Society: Evolutionary Biology and the National Research Agenda" (PDF) (in Engels). New Brunswick, New Jersey: Rutgers University. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 31 Januarie 2012. Besoek op 24 Augustus 2026.
- ↑ Sturm, Richard A.; Frudakis, Tony N. (2004). "Eye colour: portals into pigmentation genes and ancestry". Trends in Genetics (in Engels). 20 (8): 327-332. doi:10.1016/j.tig.2004.06.010. PMID 15262401.
- 1 2 Pearson, Helen (2006). "Genetics: What is a gene?". Nature (in Engels). 441 (7092): 398-401. doi:10.1038/441398a. PMID 16724031.
- ↑ Visscher, Peter M.; Hill, William G.; Wray, Naomi R. (2008). "Heritability in the genomics era – concepts and misconceptions". Nature Reviews Genetics (in Engels). 9 (4): 255-266. doi:10.1038/nrg2322. PMID 18319743.
- ↑ Oetting, William S.; Brilliant, Murray H.; King, Richard A. (1996). "The clinical spectrum of albinism in humans". Molecular Medicine Today (in Engels). 2 (8): 330-335. doi:10.1016/1357-4310(96)81798-9. PMID 8796918.
- ↑ Phillips, Patrick C. (2008). "Epistasis – the essential role of gene interactions in the structure and evolution of genetic systems". Nature Reviews Genetics (in Engels). 9 (11): 855-867. doi:10.1038/nrg2452. PMID 18852697.
- 1 2 Weiling, Franz (1991). "Historical study: Johann Gregor Mendel 1822–1884". American Journal of Medical Genetics (in Engels). 40 (1): 1-25. doi:10.1002/ajmg.1320400103. PMID 1887835.
- 1 2 Watson, James D.; Crick, Francis H.C. (1953). "Molecular Structure of Nucleic Acids: A Structure for Deoxyribose Nucleic Acid". Nature (in Engels). 171 (4356): 737-738. doi:10.1038/171737a0. PMID 13054692.
- ↑ Butlin, Roger K.; Tregenza, Tom (1998). "Levels of genetic polymorphism: marker loci versus quantitative traits". Philosophical Transactions of the Royal Society B (in Engels). 353 (1366): 187-198. doi:10.1098/rstb.1998.0201. PMID 9533123.
- 1 2 Futuyma en Kirkpatrick (2017), bl. 79–102.
- ↑ Keightley, Peter D. (2012). "Rates and fitness consequences of new mutations in humans". Genetics (in Engels). 190 (2): 295-304. doi:10.1534/genetics.111.134668. PMID 22345605.
- ↑ Hastings, P.J.; Lupski, James R.; Rosenberg, Susan M.; Ira, Grzegorz (2009). "Mechanisms of change in gene copy number". Nature Reviews Genetics (in Engels). 10 (8): 551-564. doi:10.1038/nrg2593. PMID 19597530.
- ↑ Bowmaker, James K. (1998). "Evolution of colour vision in vertebrates". Eye (in Engels). 12 (3b): 541-547. doi:10.1038/eye.1998.143. PMID 9775215.
- ↑ Hurles, Matthew (2004). "Gene Duplication: The Genomic Trade in Spare Parts". PLOS Biology (in Engels). 2 (7): e206. doi:10.1371/journal.pbio.0020206. PMID 15252449.
{{Verwys vaktydskrif}}: VS1-onderhoud: ongemerkte vrye DOI (link) - ↑ Siepel, Adam (2009). "Darwinian alchemy: Human genes from noncoding DNA". Genome Research (in Engels). 19 (10): 1693-1695. doi:10.1101/gr.098376.109. PMID 19797681.
- ↑ Orengo, Christine A.; Thornton, Janet M. (2005). "Protein families and their evolution – a structural perspective". Annual Review of Biochemistry (in Engels). 74: 867-900. doi:10.1146/annurev.biochem.74.082803.133029. PMID 15954844.
- ↑ Weissman, Kira J.; Müller, Rolf (2008). "Protein–Protein Interactions in Multienzyme Megasynthetases". ChemBioChem (in Engels). 9 (6): 826-848. doi:10.1002/cbic.200700751. PMID 18357594.
- ↑ Andersson, Leif (2020). "Mutations in Domestic Animals Disrupting or Creating Pigmentation Patterns". Frontiers in Ecology and Evolution (in Engels). 8: 116. doi:10.3389/fevo.2020.00116.
{{Verwys vaktydskrif}}: VS1-onderhoud: ongemerkte vrye DOI (link) - 1 2 Ridley (2004), bl. 314.
- ↑ Maynard Smith (1978).
- ↑ Hamilton, W.D.; Axelrod, Robert; Tanese, Reiko (1990). "Sexual reproduction as an adaptation to resist parasites (a review)". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 87 (9): 3566-3573. doi:10.1073/pnas.87.9.3566. PMID 2185476.
- ↑ Bernstein, Harris; Byerly, Henry C.; Hopf, Frederick A.; Michod, Richard E. (1985). "Genetic damage, mutation, and the evolution of sex". Science (in Engels). 229 (4719): 1277-1281. doi:10.1126/science.3898363. PMID 3898363.
- ↑ "Navorsers ruil begrippe met mekaar oor geenomruiling" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Februarie 2006. Besoek op 27 Mei 2006.
- ↑ Morjan, Carrie L.; Rieseberg, Loren H. (2004). "How species evolve collectively: implications of gene flow and selection for the spread of advantageous alleles". Molecular Ecology (in Engels). 13 (6): 1341-1356. doi:10.1111/j.1365-294X.2004.02164.x. PMID 15140081.
- ↑ Boucher, Yan; Douady, Christophe J.; Papke, R. Thane; et al. (2003). "Lateral gene transfer and the origins of prokaryotic groups". Annual Review of Genetics (in Engels). 37: 283-328. doi:10.1146/annurev.genet.37.050503.084247. PMID 14616063.
- ↑ Walsh, Timothy R. (2006). "Combinatorial genetic evolution of multiresistance". Current Opinion in Microbiology (in Engels). 9 (5): 476-482. doi:10.1016/j.mib.2006.08.009. PMID 16942901.
- ↑ Gladyshev, Eugene A.; Meselson, Matthew; Arkhipova, Irina R. (2008). "Massive Horizontal Gene Transfer in Bdelloid Rotifers". Science (in Engels). 320 (5880): 1210-1213. doi:10.1126/science.1156407. PMID 18511688.
- ↑ Rivera, Maria C.; Lake, James A. (2004). "The ring of life provides evidence for a genome fusion origin of eukaryotes". Nature (in Engels). 431 (7005): 152-155. doi:10.1038/nature02848. PMID 15356622.
- ↑ Scott-Phillips, Thomas C.; Laland, Kevin N.; Shuker, David M. (2014). "The Niche Construction Perspective: A Critical Appraisal". Evolution (in Engels). 68 (5): 1231-1243. doi:10.1111/evo.12332. PMID 24325256.
- ↑ Jablonka, Eva; Raz, Gal (2009). "Transgenerational Epigenetic Inheritance: Prevalence, Mechanisms, and Implications for the Study of Heredity and Evolution". The Quarterly Review of Biology (in Engels). 84 (2): 131-176. doi:10.1086/598822. PMID 19606595.
- ↑ Lewontin, Richard C. (1970). "The Units of Selection". Annual Review of Ecology and Systematics (in Engels). 1 (1): 1-18.
- ↑ Hurst, Laurence D. (2009). "Fundamental concepts in genetics: genetics and the understanding of selection". Nature Reviews Genetics (in Engels). 10 (2): 83-93. doi:10.1038/nrg2506. PMID 19119264.
- ↑ Orr, H. Allen (2009). "Fitness and its role in evolutionary genetics". Nature Reviews Genetics (in Engels). 10 (8): 531-539. doi:10.1038/nrg2603. PMID 19546856.
- ↑ Haldane, J.B.S. (1959). "The Theory of Natural Selection To-Day". Nature (in Engels). 183 (4663): 710-713. doi:10.1038/183710a0. PMID 13644170.
- ↑ Lande, Russell; Arnold, Stevan J. (1983). "The Measurement of Selection on Correlated Characters". Evolution (in Engels). 37 (6): 1210-1226. doi:10.1111/j.1558-5646.1983.tb00236.x. PMID 28556011.
- ↑ Goldberg, Emma E.; Igić, Boris (2008). "On phylogenetic tests of irreversible evolution". Evolution (in Engels). 62 (11): 2727-2741. doi:10.1111/j.1558-5646.2008.00505.x. PMID 18764918.
- ↑ Tomić, Nenad; Meyer-Rochow, Victor Benno (2011). "Atavisms: Medical, Genetic, and Evolutionary Implications". Perspectives in Biology and Medicine (in Engels). 54 (3): 332-353. doi:10.1353/pbm.2011.0034. PMID 21857125.
- ↑ Hoekstra, Hopi E.; Hoekstra, Jonathan M.; Berrigan, David (2001). "Strength and tempo of directional selection in the wild". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 98 (16): 9157-9160. doi:10.1073/pnas.161281098. PMID 11470913.
- ↑ Felsenstein, Joseph (1979). "Excursions along the Interface between Disruptive and Stabilizing Selection". Genetics (in Engels). 93 (3): 773-795. doi:10.1093/genetics/93.3.773. PMID 17248980.
- ↑ Odum (1971), bl. 8.
- ↑ Mayr, Ernst (1997). "The objects of selection". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 94 (6): 2091-2094. doi:10.1073/pnas.94.6.2091. PMID 9122151.
- ↑ Gould, Stephen Jay (1998). "Gulliver's further travels: the necessity and difficulty of a hierarchical theory of selection". Philosophical Transactions of the Royal Society B (in Engels). 353 (1366): 307-314. doi:10.1098/rstb.1998.0211. PMID 9533127.
- ↑ Masel, Joanna (2011). "Genetic drift". Current Biology (in Engels). 21 (20): R837-R838. doi:10.1016/j.cub.2011.08.007. PMID 22032182.
- ↑ Lande, Russell (1989). "Fisherian and Wrightian theories of speciation". Genome (in Engels). 31 (1): 221-227. doi:10.1139/g89-037. PMID 2687093.
- ↑ Kimura, Motoo (1991). "The neutral theory of molecular evolution: a review of recent evidence". Japanese Journal of Genetics (in Engels). 66 (4): 367-386. doi:10.1266/jjg.66.367. PMID 1954033.
- ↑ Kreitman, Martin (1996). "The neutral theory is dead. Long live the neutral theory". BioEssays (in Engels). 18 (8): 678-683. doi:10.1002/bies.950180812. PMID 8760341.
- ↑ Otto, Sarah P.; Whitlock, Michael C. (1997). "The Probability of Fixation in Populations of Changing Size". Genetics (in Engels). 146 (2): 723-733. doi:10.1093/genetics/146.2.723. PMID 9178020.
- ↑ Charlesworth, Brian (2009). "Fundamental concepts in genetics: effective population size and patterns of molecular evolution and variation". Nature Reviews Genetics (in Engels). 10 (3): 195-205. doi:10.1038/nrg2526. PMID 19204717.
- ↑ Mitchell-Olds, Thomas; Willis, John H.; Goldstein, David B. (2007). "Which evolutionary processes influence natural genetic variation for phenotypic traits?". Nature Reviews Genetics (in Engels). 8 (11): 845-856. doi:10.1038/nrg2207. PMID 17943192.
- ↑ Haldane, J.B.S. (1927). "A Mathematical Theory of Natural and Artificial Selection, Part V: Selection and Mutation". Mathematical Proceedings of the Cambridge Philosophical Society (in Engels). 26 (7): 838-844. doi:10.1017/S0305004100015644.
- 1 2 Yampolsky, Lev Y.; Stoltzfus, Arlin (2001). "Bias in the introduction of variation as an orienting factor in evolution". Evolution & Development (in Engels). 3 (2): 73-83. doi:10.1046/j.1525-142x.2001.003002073.x. PMID 11341676.
- ↑ Sueoka, Noboru (1962). "On the Genetic Basis of Variation and Heterogeneity of DNA Base Composition". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 48 (4): 582-592. doi:10.1073/pnas.48.4.582. PMID 13918161.
- ↑ Freese, Ernst (1962). "On the Evolution of the Base Composition of DNA". Journal of Theoretical Biology (in Engels). 3 (1): 82-101. doi:10.1016/S0022-5193(62)80005-8.
- ↑ Cox, Edward C.; Yanofsky, Charles (1967). "Altered base ratios in the DNA of an Escherichia coli mutator strain". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 58 (5): 1895-1902. doi:10.1073/pnas.58.5.1895. PMID 4866980.
- ↑ Stoltzfus, Arlin; McCandlish, David M. (2017). "Mutational Biases Influence Parallel Adaptation". Molecular Biology and Evolution (in Engels). 34 (9): 2163-2172. doi:10.1093/molbev/msx180. PMID 28645195.
- ↑ Barton, Nicholas H. (2000). "Genetic hitchhiking". Philosophical Transactions of the Royal Society B (in Engels). 355 (1403): 1553-1562. doi:10.1098/rstb.2000.0716. PMID 11127900.
- ↑ Gillespie, John H. (2001). "Is the population size of a species relevant to its evolution?". Evolution (in Engels). 55 (11): 2161-2169. doi:10.1111/j.0014-3820.2001.tb00732.x. PMID 11794777.
- ↑ Andersson, Malte; Simmons, Leigh W. (2006). "Sexual selection and mate choice". Trends in Ecology & Evolution (in Engels). 21 (6): 296-302. doi:10.1016/j.tree.2006.03.015. PMID 16769428.
- ↑ Quinn, Thomas P.; Hendry, Andrew P.; Buck, Gregory B. (2001). "Balancing natural and sexual selection in sockeye salmon". Evolutionary Ecology Research (in Engels). 3: 917-937.
- ↑ Scott, Eugenie C.; Matzke, Nicholas J. (2007). "Biological design in science classrooms". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 104 (Suppl. 1): 8669-8676. doi:10.1073/pnas.0701505104. PMID 17494747.
- ↑ Hendry, Andrew P.; Kinnison, Michael T. (2001). "An introduction to microevolution: rate, pattern, process". Genetica (in Engels). 112-113: 1-8. doi:10.1023/A:1013368628607. PMID 11838760.
- ↑ Leroi, Armand M. (2000). "The scale independence of evolution". Evolution & Development (in Engels). 2 (2): 67-77. doi:10.1046/j.1525-142x.2000.00044.x. PMID 11258392.
- ↑ Dougherty, Michael J. (1998). "Is the human race evolving or devolving?". Scientific American (in Engels).
- ↑ Orr, H. Allen (2005). "The genetic theory of adaptation: a brief history". Nature Reviews Genetics (in Engels). 6 (2): 119-127. doi:10.1038/nrg1523. PMID 15716908.
- ↑ Dobzhansky (1968), bl. 1–34.
- ↑ Blount, Zachary D.; Borland, Christina Z.; Lenski, Richard E. (2008). "Historical contingency and the evolution of a key innovation in an experimental population of Escherichia coli". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 105 (23): 7899-7906. doi:10.1073/pnas.0803151105. PMID 18524956.
- ↑ Nakajima, Akira; Sugimoto, Yohko; Yoneyama, Hiroshi (2002). "High-Level Fluoroquinolone Resistance in Pseudomonas aeruginosa Due to Interplay of the MexAB-OprM Efflux Pump and the DNA Gyrase Mutation". Microbiology and Immunology (in Engels). 46 (6): 391-395. doi:10.1111/j.1348-0421.2002.tb02711.x. PMID 12153116.
- ↑ Young, Nathan M.; Hallgrímsson, Benedikt (2005). "Serial homology and the evolution of mammalian limb covariation structure". Evolution (in Engels). 59 (12): 2691-2704. doi:10.1554/05-233.1. PMID 16526515.
- ↑ Hall, Brian K. (2003). "Descent with modification: the unity underlying homology and homoplasy as seen through an analysis of development and evolution". Biological Reviews (in Engels). 78 (3): 409-433. doi:10.1017/S1464793102006097. PMID 14558591.
- ↑ Fong, Daniel F.; Kane, Thomas C.; Culver, David C. (1995). "Vestigialization and Loss of Nonfunctional Characters". Annual Review of Ecology and Systematics (in Engels). 26 (1): 249-268. doi:10.1146/annurev.es.26.110195.001341.
- ↑ Jeffery, William R. (2005). "Adaptive Evolution of Eye Degeneration in the Mexican Blind Cavefish". Journal of Heredity (in Engels). 96 (3): 185-196. doi:10.1093/jhered/esi028. PMID 15653557.
- ↑ Gould (2002), bl. 1235–1236.
- ↑ Pallen, Mark J.; Matzke, Nicholas J. (2006). "From The Origin of Species to the origin of bacterial flagella". Nature Reviews Microbiology (in Engels). 4 (10): 784-790. doi:10.1038/nrmicro1493. PMID 16953248.
- ↑ Johnson, Norman A.; Porter, Adam H. (2001). "Toward a new synthesis: population genetics and evolutionary developmental biology". Genetica (in Engels). 112-113: 45-58. doi:10.1023/A:1013371201773. PMID 11838782.
- ↑ Wade, Michael J. (2007). "The co-evolutionary genetics of ecological communities". Nature Reviews Genetics (in Engels). 8 (3): 185-195. doi:10.1038/nrg2031. PMID 17279094.
- ↑ Bertram, John S. (2000). "The molecular biology of cancer". Molecular Aspects of Medicine (in Engels). 21 (6): 167-223. doi:10.1016/S0098-2997(00)00007-8. PMID 11173079.
- ↑ Axelrod, Robert; Hamilton, W.D. (1981). "The evolution of cooperation". Science (in Engels). 211 (4489): 1390-1396. doi:10.1126/science.7466396. PMID 7466396.
- ↑ Wilson, Edward O.; Hölldobler, Bert (2005). "Eusociality: Origin and consequences". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 102 (38): 13367-13371. doi:10.1073/pnas.0505858102. PMID 16157878.
- 1 2 Gavrilets, Sergey (2003). "Perspective: models of speciation: what have we learned in 40 years?". Evolution (in Engels). 57 (10): 2197-2215. doi:10.1111/j.0014-3820.2003.tb00233.x. PMID 14628909.
- ↑ Ereshefsky, Marc (1992). "Eliminative pluralism". Philosophy of Science (in Engels). 59 (4): 671-690. doi:10.1086/289701.
- ↑ Mayr (1942), bl. 120.
- ↑ Fraser, Christophe; Alm, Eric J.; Polz, Martin F. (2009). "The Bacterial Species Challenge: Making Sense of Genetic and Ecological Diversity". Science (in Engels). 323 (5915): 741-746. doi:10.1126/science.1159388. PMID 19197054.
- ↑ Short, Roger V. (1975). "The contribution of the mule to scientific thought". Journal of Reproduction and Fertility. Supplement (in Engels) (23): 359-364. PMID 1107543.
- ↑ Gross, Briana L.; Rieseberg, Loren H. (2005). "The Ecological Genetics of Homoploid Hybrid Speciation". Journal of Heredity (in Engels). 96 (3): 241-252. doi:10.1093/jhered/esi026. PMID 15618301.
- ↑ Templeton, Alan R. (1980). "The Theory of Speciation via the Founder Principle". Genetics (in Engels). 94 (4): 1011-1038. doi:10.1093/genetics/94.4.1011. PMID 6777243.
- ↑ Antonovics, Janis (2006). "Evolution in closely adjacent plant populations X: long-term persistence of prereproductive isolation at a mine boundary". Heredity (in Engels). 97 (1): 33-37. doi:10.1038/sj.hdy.6800835. PMID 16639420.
- ↑ Wood, Troy E.; Takebayashi, Naoki; Barker, Michael S. (2009). "The frequency of polyploid speciation in vascular plants". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 106 (33): 13875-13879. doi:10.1073/pnas.0811575106. PMID 19667210.
- ↑ Hegarty, Matthew J.; Hiscock, Simon J. (2008). "Genomic Clues to the Evolutionary Success of Polyploid Plants". Current Biology (in Engels). 18 (10): R435-R444. doi:10.1016/j.cub.2008.03.043. PMID 18492478.
- ↑ Eldredge en Gould (1972), bl. 82–115.
- ↑ Gould, Stephen Jay (1994). "Tempo and mode in the macroevolutionary reconstruction of Darwinism". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 91 (15): 6764-6771. doi:10.1073/pnas.91.15.6764. PMID 8041695.
- 1 2 Benton, Michael J. (1995). "Diversification and extinction in the history of life". Science (in Engels). 268 (5207): 52-58. doi:10.1126/science.7701342. PMID 7701342.
- 1 2 Raup, David M. (1986). "Biological extinction in Earth history". Science (in Engels). 231 (4745): 1528-1533. doi:10.1126/science.11542058. PMID 11542058.
- ↑ Avise, John C.; Hubbell, Stephen P.; Ayala, Francisco J. (2008). "In the light of evolution II: Biodiversity and extinction". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 105 (Suppl. 1): 11453-11457. doi:10.1073/pnas.0802504105. PMID 18695213.
- ↑ "Die geskiedenis van die Burgess-skalie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2006. Besoek op 27 Mei 2006.
- ↑ Twee bronne: 'Genomic divergences between humans and other hominoids and the effective population size of the common ancestor of humans and chimpanzees', en 'Quantitative Estimates of Sequence Divergence for Comparative Analyses of Mammalian Genomes'
- ↑ "DNA shuffling by random fragmentation and reassembly: in vitro recombination for molecular evolution", Stemmer WP, Proc Natl Acad Sci, 1994
- ↑ "Proc. Natl. Acad. Sci. USA - Vol. 94, pp. 11417-11421, October 1997 - Evolusie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2005. Besoek op 27 Mei 2006.
- ↑ Penny, David; Poole, Anthony (1999). "The nature of the last universal common ancestor". Current Opinion in Genetics & Development (in Engels). 9 (6): 672-677. doi:10.1016/S0959-437X(99)00020-9. PMID 10607605.
- ↑ Theobald, Douglas L. (2010). "A formal test of the theory of universal common ancestry". Nature (in Engels). 465 (7295): 219-222. doi:10.1038/nature09014. PMID 20463738.
- ↑ Bapteste, Eric; Walsh, David A. (2005). "Does the 'Ring of Life' ring true?". Trends in Microbiology (in Engels). 13 (6): 256-261. doi:10.1016/j.tim.2005.03.012. PMID 15936656.
- ↑ Jablonski, David (1999). "The Future of the Fossil Record". Science (in Engels). 284 (5423): 2114-2116. doi:10.1126/science.284.5423.2114. PMID 10381868.
- ↑ Mason, Stephen F. (1984). "Origins of biomolecular handedness". Nature (in Engels). 311 (5981): 19-23. doi:10.1038/311019a0. PMID 6472461.
- ↑ Varki, Ajit; Altheide, Tasha K. (2005). "Comparing the human and chimpanzee genomes: searching for needles in a haystack". Genome Research (in Engels). 15 (12): 1746-1758. doi:10.1101/gr.3737405. PMID 16339373.
- ↑ Dalrymple (2001), bl. 205–221.
- ↑ Wade, Nicholas (25 Julie 2016). "Meet Luca, the Ancestor of All Living Things". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2025. Besoek op 24 Augustus 2026.
- ↑ Doolittle, W. Ford (2000). "Uprooting the Tree of Life". Scientific American (in Engels). 282 (2): 90-95. doi:10.1038/scientificamerican0200-90. PMID 10710791.
- ↑ Peretó, Juli (2005). "Controversies on the origin of life". International Microbiology (in Engels). 8 (1): 23-31. PMID 15906258.
- ↑ Cavalier-Smith, Thomas (2006). "Cell evolution and Earth history: stasis and revolution". Philosophical Transactions of the Royal Society B (in Engels). 361 (1470): 969-1006. doi:10.1098/rstb.2006.1842. PMID 16754610.
- ↑ Bonner, John Tyler (1998). "The origins of multicellularity". Integrative Biology (in Engels). 1 (1): 27-36. doi:10.1002/(SICI)1520-6602(1998)1:1<27::AID-INBI4>3.0.CO;2-6.
- ↑ Kaiser, Dale (2001). "Building a multicellular organism". Annual Review of Genetics (in Engels). 35: 103-123. doi:10.1146/annurev.genet.35.102401.090145. PMID 11700279.
- ↑ Valentine, James W.; Jablonski, David; Erwin, Douglas H. (1999). "Fossils, molecules and embryos: new perspectives on the Cambrian explosion". Development (in Engels). 126 (5): 851-859. doi:10.1242/dev.126.5.851. PMID 9927587.
- ↑ Waters, Elizabeth R. (2003). "Molecular adaptation and the origin of land plants". Molecular Phylogenetics and Evolution (in Engels). 29 (3): 456-463. doi:10.1016/j.ympev.2003.07.018. PMID 14615186.
- ↑ Mayhew, Peter J. (2007). "Why are there so many insect species? Perspectives from fossils and phylogenies". Biological Reviews (in Engels). 82 (3): 425-454. doi:10.1111/j.1469-185X.2007.00018.x. PMID 17624962.
- ↑ Bull, James J.; Wichman, Holly A. (2001). "Applied evolution". Annual Review of Ecology and Systematics (in Engels). 32 (1): 183-217. doi:10.1146/annurev.ecolsys.32.081501.114020.
- ↑ Doebley, John F.; Gaut, Brandon S.; Smith, Bruce D. (2006). "The Molecular Genetics of Crop Domestication". Cell (in Engels). 127 (7): 1309-1321. doi:10.1016/j.cell.2006.12.006. PMID 17190597.
- ↑ Jäckel, Christian; Kast, Peter; Hilvert, Donald (2008). "Protein Design by Directed Evolution". Annual Review of Biophysics (in Engels). 37: 153-173. doi:10.1146/annurev.biophys.37.032807.125832. PMID 18573077.
- ↑ Borowsky, Richard (2008). "Restoring sight in blind cavefish". Current Biology (in Engels). 18 (1): R23-R24. doi:10.1016/j.cub.2007.11.023. PMID 18177707.
- ↑ Merlo, Lauren M.F.; Pepper, John W.; Reid, Brian J.; Maley, Carlo C. (2006). "Cancer as an evolutionary and ecological process". Nature Reviews Cancer (in Engels). 6 (12): 924-935. doi:10.1038/nrc2013. PMID 17109012.
- ↑ Woodford, Neil; Ellington, Matthew J. (2007). "The emergence of antibiotic resistance by mutation". Clinical Microbiology and Infection (in Engels). 13 (1): 5-18. doi:10.1111/j.1469-0691.2006.01492.x. PMID 17184282.
- ↑ Rechenberg (1973).
- ↑ Holland (1975).
- ↑ Koza (1992).
- ↑ Kirk, Raven en Schofield (1983), bl. 100–142, 280–321.
- ↑ Sedley, David (2003). "Lucretius and the New Empedocles". Leeds International Classical Studies (in Engels). 2 (4).
- ↑ Torrey, Harry Beal; Felin, Frances (1937). "Was Aristotle an Evolutionist?". The Quarterly Review of Biology (in Engels). 12 (1): 1-18. doi:10.1086/394520.
- ↑ Hull, David L. (1967). "The Metaphysics of Evolution". The British Journal for the History of Science (in Engels). 3 (4): 309-337. doi:10.1017/S0007087400002892.
- ↑ Mason (1962), bl. 43–44.
- ↑ Teodros Kiros, Explorations in African Political Thought (2001), bl. 55.
- ↑ Ray (1686), band 1, bl. 40.
- 1 2 Bowler (2003), bl. 73–75, 106–113, 145–146.
- ↑ Lamarck (1809).
- ↑ Sober, Elliott (2009). "Did Darwin write the Origin backwards?". Proceedings of the National Academy of Sciences (in Engels). 106 (Suppl. 1): 10048-10055. doi:10.1073/pnas.0901109106. PMID 19528655.
- ↑ Mayr (2002), bl. 165.
- ↑ Burkhardt en Smith (1991).
- ↑ McCarren (1993), bl. 16–17.
- ↑ Liu, Y.-S.; Zhou, X.M.; Zhi, M.X. (2009). "Darwin's contributions to genetics". Journal of Applied Genetics (in Engels). 50 (3): 177-184. doi:10.1007/BF03195671. PMID 19638672.
- 1 2 Bowler (1989), bl. 307–318.
- ↑ Levinson (2019).
- ↑ Dobzhansky, Theodosius (1973). "Nothing in Biology Makes Sense Except in the Light of Evolution". The American Biology Teacher (in Engels). 35 (3): 125-129. doi:10.2307/4444260.
- 1 2 Kutschera, Ulrich; Niklas, Karl J. (2004). "The modern theory of biological evolution: an expanded synthesis". Naturwissenschaften (in Engels). 91 (6): 255-276. doi:10.1007/s00114-004-0515-y. PMID 15241603.
- ↑ Danchin, Étienne; Charmantier, Anne; Champagne, Frances A. (2011). "Beyond DNA: integrating inclusive inheritance into an extended theory of evolution". Nature Reviews Genetics (in Engels). 12 (7): 475-486. doi:10.1038/nrg3028. PMID 21681209.
- ↑ Branch, Glenn (2007). "Understanding Creationism after Kitzmiller". BioScience (in Engels). 57 (3): 278-284. doi:10.1641/B570313.
- ↑ Jin, Xiaoxing (2019). "Translation and transmutation: the Origin of Species in China". The British Journal for the History of Science (in Engels). 52 (1): 117-141. doi:10.1017/S0007087418000808. PMID 30587253.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Scholtz, Adelbert: Evolusie weerspreek nie skeppingsverhaal. In: Custos. Deel 18, nr. 4, Julie 1989. ISSN 0379-9921
- Bowler, Peter J. (1989). The Mendelian Revolution: The Emergence of Hereditarian Concepts in Modern Science and Society (in Engels). Baltimore: Johns Hopkins University Press. ISBN 978-0-8018-3888-0.
- Bowler, Peter J. (2003). Evolution: The History of an Idea (in Engels) (3de uitg.). Berkeley: University of California Press. ISBN 978-0-520-23693-6.
- Burkhardt, Frederick; Smith, Sydney, reds. (1991). The Correspondence of Charles Darwin, vol. 7: 1858–1859 (in Engels). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-38564-0.
- Chapman, Arthur D. (2009). Numbers of Living Species in Australia and the World (in Engels) (2de uitg.). Canberra: Australian Biological Resources Study. ISBN 978-0-642-56860-1.
- Dalrymple, G. Brent (2001). "The age of the Earth in the twentieth century: a problem (mostly) solved". In Lewis, C.L.E.; Knell, S.J. (reds.). The Age of the Earth: from 4004 BC to AD 2002. Geological Society Special Publication (in Engels). Vol. 190. pp. 205-221. ISBN 978-1-86239-093-5.
- Darwin, Charles (1859). On the Origin of Species by Means of Natural Selection (in Engels) (1ste uitg.). Londen: John Murray.
- Dobzhansky, Theodosius (1968). "On Some Fundamental Concepts of Darwinian Biology". Evolutionary Biology (in Engels). Vol. 2. Springer. pp. 1-34.
- Eldredge, Niles; Gould, Stephen Jay (1972). "Punctuated equilibria: an alternative to phyletic gradualism". In Schopf, Thomas J.M. (red.). Models in Paleobiology (in Engels). San Francisco: Freeman, Cooper. pp. 82-115.
- Futuyma, Douglas J.; Kirkpatrick, Mark (2017). Evolution (in Engels) (4de uitg.). Sunderland, Massachusetts: Sinauer Associates. ISBN 978-1-60535-605-1.
- Gould, Stephen Jay (2002). The Structure of Evolutionary Theory (in Engels). Cambridge, Massachusetts: Belknap Press. ISBN 978-0-674-00613-3.
- Holland, John H. (1975). Adaptation in Natural and Artificial Systems (in Engels). Ann Arbor: University of Michigan Press. ISBN 978-0-472-08460-9.
- Kirk, Geoffrey; Raven, John; Schofield, Malcolm (1983). The Presocratic Philosophers: A Critical History with a Selection of Texts (in Engels) (2de uitg.). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-27455-5.
- Koza, John R. (1992). Genetic Programming: On the Programming of Computers by Means of Natural Selection (in Engels). Cambridge, Massachusetts: MIT Press. ISBN 978-0-262-11170-6.
- Lamarck, Jean-Baptiste (1809). Philosophie zoologique (in Frans). Parys: Dentu.
- Levinson, Gene (2019). Rethinking Evolution: The Revolution That's Hiding in Plain Sight (in Engels). Hackensack, New Jersey: World Scientific. ISBN 978-1-78634-726-8.
- Mason, Stephen F. (1962). A History of the Sciences (in Engels) (hersien uitg.). New York: Collier Books.
- Maynard Smith, John (1978). The Evolution of Sex (in Engels). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-29302-0.
- Mayr, Ernst (1942). Systematics and the Origin of Species from the Viewpoint of a Zoologist (in Engels). New York: Columbia University Press.
- Mayr, Ernst (2002). What Evolution Is (in Engels). Londen: Weidenfeld & Nicolson. ISBN 978-0-297-60741-0.
- McCarren, Mark J. (1993). The Scientific Contributions of Othniel Charles Marsh: Birds, Bones, and Brontotheres (in Engels). Peabody Museum of Natural History. ISBN 978-0-912532-32-5.
- McKinney, Michael L. (1997). "How do rare species avoid extinction? A palaeontological view". In Kunin, William E.; Gaston, Kevin J. (reds.). The Biology of Rarity (in Engels). Londen: Chapman & Hall. ISBN 978-0-412-63380-5.
- Odum, Eugene P. (1971). Fundamentals of Ecology (in Engels) (3de uitg.). Philadelphia: Saunders. ISBN 978-0-7216-6941-0.
- Ray, John (1686). Historia Plantarum (in Latyn). Vol. I. Londen: Typis Mariæ Clark.
- Rechenberg, Ingo (1973). Evolutionsstrategie: Optimierung technischer Systeme nach Prinzipien der biologischen Evolution (in Duits). Stuttgart: Frommann-Holzboog.
- Ridley, Mark (2004). Evolution (in Engels). Oxford: Blackwell. ISBN 978-1-4051-0345-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Evolusie. |
- Alles wat 'n mens wil weet oor evolusie Geargiveer 10 Oktober 2008 op Wayback Machine
- Evolusie vir beginners Geargiveer 3 Mei 2016 op Wayback Machine
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |